Twee vas wat met ietermagô betrap word

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Twee persone van Malamulele in Limpopo is in hegtenis geneem toe ʼn ietermagô in hul besit gevind is.

“Polisiebeamptes het vandeesweek ʼn wenk ontvang van lede van die gemeenskap dat die twee verdagtes dié bedreigde spesie in hul besit het,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Polisiebeamptes het hulle agtervolg tot langs ʼn vulstasie op die R40 tussen Phalaborwa en Mica. Die verdagtes is voorgekeer en die motor is deursoek. Beamptes het ʼn dooie ietermagô gevind.”

Die twee persone, albei 40 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn ietermagô. Hulle sal binnekort in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

So word alles vernietig deur die mense wat geen waardebesef het nie

gatiep ·

Ja daai wildbewaarder wat afgedank is omdat hy een kamtig seergemaak het het eintlik n baie goeie ding gedoen.
Hy is nou bang vir mense en sal nie maklik gevang kan word nie.
Ek verbaas my deesdae hoe dom kamtig geleerde mense is wat sulke besluite vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.