Twee persone van Malamulele in Limpopo is in hegtenis geneem toe ʼn ietermagô in hul besit gevind is.
“Polisiebeamptes het vandeesweek ʼn wenk ontvang van lede van die gemeenskap dat die twee verdagtes dié bedreigde spesie in hul besit het,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Polisiebeamptes het hulle agtervolg tot langs ʼn vulstasie op die R40 tussen Phalaborwa en Mica. Die verdagtes is voorgekeer en die motor is deursoek. Beamptes het ʼn dooie ietermagô gevind.”
Die twee persone, albei 40 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn ietermagô. Hulle sal binnekort in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
So word alles vernietig deur die mense wat geen waardebesef het nie
Die laaste sien van die blikkantien
Gee hulle n ietermagog vonnis! Doodstraf!