Twee vas wat polisiehoë wou omkoop

geld 2Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn Johannesburgse stasiebevelvoerder met R5 000 wou omkoop.

Ao. Daniel Mavimbela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die verdagtes, onderskeidelik 34 en 40 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem. Hulle wou glo kol. Amos Balatse van die Diepsloot-polisiestasie omkoop nadat die stasie se beamptes ingetree het om ʼn dispuut tussen twee groepe oor die beheer van ʼn plaaslike kerk te fasiliteer.

“Een van die verdagtes het glo gereeld die stasiebevelvoerder geskakel en versoek dat hy sy mag gebruik om die uitkoms van die fasiliteringsproses te beïnvloed,” het Mavimbela gesê.

Die provinsiale anti-korrupsiespeurders is ontbied en ʼn lokval is vir die mans opgestel. Hulle is in hegtenis geneem kort nadat hulle die kontant aan Balatse oorhandig het.

Hulle word van omkopery aangekla en sal na verwagting binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

‘n Stasiebevelvoerder is nou nie werklik wat ‘n ‘polisiehoë’ genoem kan word in hierdie land waar kentekens en medaljes uitgedeel word soos koeldrankproppe en Mercs en ander duur yanks rondjaag met blou ligte, loeiende sirenes, motorfietse vooruit en gewapende magte agterna.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.