Twee vas wat polisiestasie glo teiken

(Argieffoto)

Twee verdagtes wat na bewering deel was van ʼn groep van vier rowers wat die Windsorton-polisiestasie in die Noord-Kaap beroof het, is eindelik agter tralies.

’n Wit Audi A3 met ’n Botswana-registrasienommer het op 2 Oktober omstreeks 22:30 voor die polisiestasie stilgehou, waarna vier verdagtes vuurwapens op polisielede aan diens gerig het. Die verdagtes het die polisielede vasgebind voordat hulle met twee R5-gewere, vier 9 mm-pistole en ammunisie gevlug het.

Dieselfde voertuig was enkele ure later by nóg ’n gewapende roof, dié keer by ’n BP-vulstasie in Virginia, betrokke. Een slagoffer is in dié rooftog gewond en verskeie ander mense is van hul persoonlike besittings beroof.

“Die twee verdagtes (30 en 42 jaar oud) is Woensdag in onderskeidelik Gauteng en die Vrystaat in hegtenis geneem ná ʼn intensiewe ondersoek deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad,” het Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die polisie het beslag gelê op vier pistole, waarvan drie aan die staat behoort, twee gesteelde R5-gewere en ʼn vermoedelik gesteelde motor.

Die soektog na nog verdagtes, asook nog ʼn vuurwapen, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Dit sal darem n grap wees as die rowers dalk self polisie manne is.

Joubert ·

Dis reeds ‘n grap. Mind you, deesdae is ‘n polisiestasie seker een van die beste risk/reward keuses om onwettig vuurwapens in die hande te kry. Waarskynlik ‘n makliker teiken as meeste plaashuise vandag.

wonder maar net ·

Ja ek het ook nogal so ‘n vermoede .. hoe het hulle geweet van die 2 R5 gewere… die polisie dra mos gewoonlik net die 9 mm pistole?

Willie ·

Dis einedelik so hartseer om te weet verval SA by die minuut..

Tsotsi ·

Glad nie verbaas nie! Die meeste polisie lede het eenvoudig net nie die vermoë om wakker te bly nie, nie eers gedurende dag diens nie. Sodra hulle op n stoel gaan sit begin die koppies agteroor val en die bekkies oop….gee n helse snorkery af!

Nou wil Cele sy wapen verspreiding gratis uitbrei deur n amnestie periode aan te kondig en aan te kondig kom haal vir wapens. Daar sal genoeg wees by elke liewe polisie stasie in SA.
PATETIES!!

LinkyV ·

Wonder hoe die rowers die polisielede wat aan diens was wakker gekry het..

ACJ ·

Ja die mense aan stuur van sake kan somtyds vir my nie reg dink nie.soos Cele

Jacques ·

Cele moet maar n paar veiligheids agente aan stel om sy polisiemanne op te pas miskien sal dit help

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.