Twee vas wat renosterhoring probeer verkwansel

Die renosterhoring wat amper verkwansel is (Foto: SAPD)

Twee mans het Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn nadat hulle glo ’n renosterhoring probeer verkwansel het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die twee mans, onderskeidelik 27 en 36 jaar oud, is Vrydag by ʼn restaurant aan die strandfront vasgetrek. Hulle is op heterdaad betrap toe hulle die horing daar probeer verkoop het.

“Die polisie het Vrydag inligting ontvang oor ’n man wat ’n renosterhoring in hierdie spesifieke restaurant wou verkoop,” vertel Mgolodela.

“Hulle het op die restaurant toegeslaan en die verdagtes terstond in hegtenis geneem. Hulle het ook op die horing beslag gelê.”

Die twee het Maandag in die hof op aanklagte van die besit van renosterhoring en die besit van vermoedelik gesteelde goedere verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sêmanet ·

Wat doen Restaurante met renosterhorings? Sit hulle dit in die mense se kos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.