Twee vas wat stembriewe glo beskadig

Die polisie in Giyani het twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 35 jaar oud, by Guwela in Limpopo in hegtenis geneem omdat hulle glo ongebruikte stembriewe beskadig het.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die twee word aangekla van oortreding van die Kieswet, sowel as kwaadwillige saakbeskadiging.

“Beamptes van die Onafhanklike Verkiesingskommissie was omstreeks 11:00 op pad na ʼn huis waar hulle iemand sou help om ʼn spesiale stem uit te bring, toe ʼn groep mans hulle voorgekeer het. Hulle het die beamptes verhoed om hul werk te doen en die stembriewe beskadig,” het Mojapelo gesê.

Niemand is beseer nie.

“Die polisie is ontbied en die twee verdagtes is binne twee uur aangekeer,” het hy gesê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het inwoners verseker dat die polisie in die provinsie op strategiese plekke ontplooi is om ʼn vry en regverdige verkiesing te verseker.

“Die verdagtes, albei van die nabygeleë Mnghongoma-nedersetting, sal binnekort in die landdroshof op Giyani verskyn.”

Maroela Media het vroeër berig dat verskeie mense ook in Noordwes in hegtenis geneem is vir oortreding van die Kieswet. In een voorval is ses mense aangekeer nadat ʼn voertuig van die OVK by Ganyesa aan die brand gesteek is. In ʼn afsonderlike voorval is leë stembokse in Ikageng by ʼn stemlokaal aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries du Toit

Vry en regverdige verkiesing le voor??

remondo

die poppespel begin

Spook op thaba

En waar kom al die polisie nou vandaan?

Diana

Vreeslike “goeie” daad om die twee te vang, maar wat word gedoen tov al die ongestempelde kiesbriewe wat bedorwe verklaar gaan word? Word die verantwoordelike IEC beamptes gearresteer of self net vasgevat? NEE, hulle word bevorder! Die verkiesing is alreeds ‘n joke!

Charl

Kan iemand vir my verduidelik daar is 60 miljoen stem briewe gedruk maar ons het maar 26,7 mil geregistreerde kiesers.