Twee vasgetrek vir Megan Griesel-moord

Megan Griesel (Foto: Facebook)

Twee verdagtes is verlede week in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn in verband met die voorval verlede maand in Lydenburg, Mpumalanga, waar winkels beroof en Megan Griesel (20) doodgeskiet is toe sy glo in die kruisvuur beland het.

Die twee verdagtes, albei 27 jaar oud, het Vrydag in die hof verskyn nadat hulle vroeër die week deur lede van die polisie se provinsiale taakspan in hegtenis geneem is. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, sakeroof en oortreding van die Wet op Plofstowwe.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die eerste verdagte Woensdag in hegtenis geneem toe die taakspan ʼn deurbraak gemaak het wat hulle na Masoyi buite Witrivier gelei het. Die verdagte het Vrydag in die Lydenburg-landdroshof verskyn en die saak is tot Dinsdag uitgestel.

Die ander verdagte is Donderdag in Kanyamazane in hegtenis geneem en hy het Vrydag in die Kabokweni-landdroshof verskyn. “Weens die sensitiewe aard van die saak word die verdagtes se identiteit weerhou ten einde nie die ondersoek te belemmer nie.” Volgens Mdhluli werk die polisie onverpoosd om nog verdagtes in hegtenis te neem.

ʼn Groep swaar gewapende verdagtes het Saterdag 21 Oktober in die vroeë oggendure eers op ʼn vulstasie in Lydenburg toegeslaan en glo die geriefswinkel beroof. Die einste mans het kort daarna na ʼn naburige sakeonderneming gegaan waar hulle glo drank gebuit het. Dit is in hierdie tyd dat Griesel verby die rooftoneel gery het en deur die gewapende mans doodgeskiet is. Hulle het haar vermoedelik vir ʼn veiligheidsbeampte aangesien.

Griesel was ʼn kleuterskoolonderwyseres.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

Wonder of dit nie dielsfde group is wat die laeveld nou al jare lank tesiter nie.

Samuel ·

Ek hoop die skuldiges sal uiteindelik gepaste straf gegee word.

Christelle ·

Mag daar n voorbeeld van hulle gemaak word en hulle n swaar straf ontvang. Hulle het n gesin onnodig uitmekaar geskeur.

Net-my-opinie ·

Laat ek raai, hulle gaan lewenslank kry (20 jaar) maar gaan vir 10 jaar effketief sit en op parool vrygelaat word of nog vroeer vir goeie gedrag, dit alles vir ‘n jong lewe wat nooit weer terug gaan kom nie. Hopelik as die DA eendag aan bewind kom, bring hulle die doodstaf terug. Dt sal nie lewens terugbring nie, maar dit sal geregtigheid laat seevier.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.