Twee ‘veediewe’ in Vrystaat doodgeskiet

(Foto: pixabay)

Die moordklag wat teen ʼn boer aanhangig gemaak is nadat twee vermeende veediewe Donderdag in die Vrystaat doodgeskiet is, sal na die direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing verwys word.

Dít volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, wat sê die twee is doodgeskiet nadat hulle glo van ʼn toneel weggejaag het waar vee kort tevore gesteel en geslag is.

Volgens die polisie is die verdagtes Donderdag omstreeks 04:30 na die plaas Uitzicht waar hulle sewe kalfies gesteel en ses koeie geslag het. Inwoners van die gebied het hulle daar betrap en agternagesit.

“ʼn Wit Ford Ranger met Gautengse nommerplate is voorgekeer en twee verdagtes, onderskeidelik 58 en 50 jaar oud, is op die Kroonstad-Vredefort-pad naby die Barnato-plaas in hegtenis geneem,” het Makhele gesê.

Die ander voertuig, ook ʼn Ford Ranger met ʼn Gautengse registrasienommer, het in die rigting van Kroonstad gery.

Makhele het gesê dié voertuig is ook agternagesit. Albei voertuie het tot stilstand gekom toe die verdagtes se bakkie glo van agter gestamp is. Drie verdagtes is daar aangekeer.

“Die ander twee wat probeer weghardloop het, is glo doodgeskiet deur een van die boere wat hulle gejaag het. Paramedici het hulle op die toneel dood verklaar. Een van die oorledenes is met ʼn speelgoedwapen in sy hand aangetref.”

Makhele het gesê die vleis en kalfies is aan die eienaar terugbesorg.

Die verdagtes wat aangekeer is, verskyn na verwagting Maandag in die hof.

“ʼn Saak van moord wat verband hou met die twee verdagtes wat doodgeskiet is, sal na die direkteur vir openbare vervolging verwys word om, nadat alle getuieverklarings bekom is, te besluit of enigiemand aangekla moet word,” het Makhele gesê.

Sake van veediefstal en die diefstal van sonpanele en kameras op die plaas word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tsek! ·

Sover ek weet het enige iemand die reg om sy of haar eiendom te beskerm.

Vrijburger ·

Ongelukkig vereis die wet dat selfverdedeging bewys moet word wanneer iemand doodgeskiet word.

johanf ·

Ook ingewikkeld, eerste vraag, was jou lewe bedreig, maak nie sin nie, maar nou ja…..

johanf ·

Dit sal interessant wees wat die DOV se beslissing sal wees…….glo Maroela sal berig.

Werner ·

Seker die speelgoed rewolwer op boer gerig in daardie geval kan jy jou daarop beroep dat jou lewe in gevaar was

Sarel ·

Nou word ‘n Boer moontlik aangekla vir Moord…dit is die tragedie van die saak

Jaco ·

Ek sal net stilbly as ek in so iets betrokke is. Niemand hoef te weet nie.

Maggies ·

‘n Speelgoed geweer, totdat hulle jou het, dan gebruik hulle wat ook al in die huis is, om mense verder te martel.
Ek hoop van harte dat die boer vrygespreek sal word, maar om eerlik te wees, dink ek hy gaan ‘n voorbeeld van gemaak word om te wys dat ons nie eie mag, mag gebruik nie.

Sarel ·

Jy kan nie op iemznd skiet wat aan die weghardloop is nie. Nou gaan nog ‘n Boer vir Moord .verhoor word. Ons het dit nie nofig nie. Kos vir EFF en News 24.
Die wat reeds fevang was sou wel grpraat het. My simpatie by die Boerven sy familie

christo ·

‘n Stadsjapie besef nie hoeveel h1a1rd1e werk dit is om bedags te boer en dan nog snags jou eiendom te moet beskerm nie. Die boere kort ondersteuning. Geen regter besef deur watter frustrasie boere gaan om veediefstal te bekamp waar die reg jou hande agter jou rug vind nie.

Karina ·

Ek verkwalik nie die boer nie, 6 koeie geslag, verlies aan verskaffing van melk, die koei self is ‘n aardige bedraggie werd. Verseker is dit nog stoet koeie. As die polisie en regering niks wil doen nie, reken ek die boer kan sy eiendom beskerm. Sterkte aan die boer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.