Twee veiligheidswagte doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee veiligheidswagte is Saterdag tydens ʼn skietery tussen lede van twee sekuriteitsmaatskappye in Orange Farm, in die suide van Johannesburg, doodgeskiet.

“Drie veiligheidswagte is tydens die skietery beseer,” het kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, gesê. Die skietery het omstreeks 08:20 by die Palm Springs Mall plaasgevind.

“Al twee sekuriteitmaatskappye is in diens van taxiverenigings in die gebied,” het hy bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motief vir die skietery is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Takkie Takuuza ·

Regtig…..? Wat is volgende? Inbrekers huur ‘n sekuriteits maatskappy om hulle te beskern terwyl hulle inbreek. Vergesog? Wel, as hulle “taxi-wars” kan “fight”, wat bly regtig oor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.