Twee veiligheidswagte vas ná skietery

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee veiligheidswagte is Maandag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo verlede week vanuit ʼn bewegende bakkie op twee mans in ʼn ander voertuig geskiet het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die veiligheidswagte is in KwaDukuza in hegtenis geneem in verband met die skietvoorval op 11 Januarie. “Die slagoffers, ʼn 52-jarige man en sy 46-jarige broer, het in hul voertuig in King Shakaweg in Stanger gery, toe die twee verdagtes in ʼn Toyota Hilux-bakkie verby hulle gery, en op hulle losgebrand het,” het Zwane gesê.

Die twee slagoffers is gewond en moes na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir verdere behandeling. Die verdagtes het ná die skietery van die toneel gevlug.

“Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie,” het Zwane bygevoeg.

Die verdagtes, onderskeidelik 26 en 38 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.