Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê vier verdagtes het glo by ʼn huis ingebreek en rekenaartoerusting en ander items gesteel voor hulle in ʼn wegkommotor gevlug het.
Volgens Naicker is die polisie ontbied en het beamptes die verdagtes op die M19-hoofweg naby Pinetown voorgekeer. Die verdagtes het op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggevuur en die verdagtes het beheer oor hul motor verloor. “Hulle het in die veld in gevlug en polisiebeamptes en lede van die honde-eenheid het hulle agternagesit. Twee van die verdagtes is gewond tydens die skietgeveg en in hegtenis geneem.”
Volgens Naicker het die polisie op die gesteelde items beslag gelê. Daar is ook op die verdagtes se wegkommotor beslag gelê nadat dit vasgestel is dat dit vroeër gesteel is. Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
Die verdagtes, 35 en 40 jaar oud, sal binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, huisroof en die besit van gesteelde eiendom. Die soektog na die ander twee verdagtes gaan voort.
Maroela maak asseblief in jul beriggewing die nasionaliteit van hierdie horde sg. verdagtes bekend sodat ons tewete kan kom wat is die impak van misdadigers wat van buite af SA oorstroom.
Ek hoop die polisiehonde het so ‘n paar happe ingekry!!!