Twee verdagtes met ivoor vasgetrek

Die ivoor is agter op ’n bakkie onder mieliesakke versteek. Foto: Verskaf

Twee verdagtes het Vrydag in die Klerksdorpse landdroshof voorgekom vir die beweerde besit van olifanttande.

Douglas Matambandini (46) en Mmoloki Moseki (49) se verskyning is die gevolg van misdaadintelligensie-optrede op Woensdag 7 November, sê kapt. Aafje Botma, Noordwes-polisiewoordvoerder.

“Inligting is ontvang dat die verdagtes op pad was na Klerksdorp,” sê Botma. “Lede van georganiseerde misdaad en die taktiese reaksie-eenheid van Klerksdorp het ʼn Toyota-bakkie voorgekeer en deursoek, wat tot die twee se inhegtenisneming aanleiding gegee het.”

Sy sê die beamptes het beslag gelê op ses olifanttande wat onder mieliesakke versteek was. Die ivoor het 112,7 kg geweeg en het ʼn geskatte waarde van R676 000.

Die verdagtes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op Vrydag 16 November, wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Noordwes-polisiekommissaris, het die span geloof vir hul toewyding en harde werk wat tot die inhegtenisnemings gelei het. Sy vra lede van die publiek moet enige verdagte optrede of inligting aan die polisie rapporteer, “want inligting kan … misdaad voorkom en die polisie misdade help ondersoek”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

humor ·

Alle lof aan die polisie en ook aan die publiek. So kan n beter land geskep word.

Kits Sop ·

Ivoor het geen wettige kommersiële waarde nie. Jy mag dit nie verkoop nie. Sites mors alles op. Renosterhoring kan verkoop word, maar slegs binneland. Enige dier wat kommersiële waarde het oorleef en floreer. Soos skape beeste honde. Vat die waarde weg en jy kan nie dat die dier sy bestaan regverdig nie. En voor jy antwoord, hoeveel renosters besit jy?

Toetsie ·

BEWEERDE besit!!!!! Regtig??? Hulle IS in BESIT van Ivoor gevang! Straf hiervoor is te sag. Saag hulle horings af!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.