Twee verdink van R58 miljoen se diefstal by munisipaliteit

(Argieffoto: Maroela Media)

Twee mans het Maandag in die landdroshof in Phuthaditjhaba in die Vrystaat verskyn op aanklag van bedrog en korrupsie ter waarde van ongeveer R58 miljoen.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, sê Thabiso Benjamin Sekosana (55) en Dimakatso Christine Sekosana (29) en hul maatskappy, Kill Crime Security, het in die hof verskyn. Die twee mans is vrygelaat op borgtog van R150 000. Die saak is tot 30 September 2022 uitgestel.

Die twee verdagtes staan tereg op aanklag van bedrog, korrupsie, vervalsing en oortreding van die Wet op Munisipale Finansies.

“Die munisipale bestuurder van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit (Harrismith/Kestell) het na bewering in 2020 ʼn diensverskaffer aangestel vir sekuriteitsdienste sonder dat ʼn tender daarvoor geadverteer is,” sê Singo. “Die hoof- finansiële beampte het ook verskeie briewe aan die munisipale bestuurder geskryf en hom aangeraai om die tender te adverteer, maar hy het versuim om dit te doen. ʼn Bedrag van R58 miljoen is onreëlmatig aan die diensverskaffer oorbetaal vir ʼn periode van twee jaar.”

Die saak is by die Valke se eenheid in Bethlehem, wat ernstige korrupsie ondersoek, aangemeld. Tydens die ondersoek het die twee mans hulself op 31 Julie 2022 aan die Valke oorgegee. Verdere inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hasie ·

Die bedrag virvdie borgtog is goeie bedrag …maar die ander sake an lyk pateties

Kokerboom ·

Hoop die munisipale bestuurder word ook aangekla!Die fiansiele bestuurder moes verder gegaan het maar weereens beskerm hy sy “job”. Hys ook skuldig!

Jack ·

Almal wat geweet het van die bedrog moet aangekla word. Die deler is so goed soos die steler. Die geld is weg en nou gaan die stelers aangekla word en jarelank nog voort sonder dat hulle iets sal oorkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.