Twee verdink van vrou se vlammedood

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Cullan Smith/Unsplash)

Die polisie in Phola buite Ogies in Mpumalanga het ʼn deurbraak gemaak toe twee verdagtes Donderdagmiddag in hegtenis geneem is ná hulle glo ʼn vrou aan die brand gesteek het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die vrou is op 28 Februarie 2023 teen omstreeks 22:20 aangeval. Sy het onherkenbaar verkool.

ʼn Span speurders van Phola-polisie het die ondersoek gelei en die twee mans, onderskeidelik 30 en 67 jaar oud, in hegtenis geneem.

“Die polisie is nog steeds besig om te bepaal wat tot die moord gelei het.”

Die twee verdagtes sal Maandag in die Ogies-landdroshof verskyn op aanklag van moord. “Die moontlikheid van verdere aanklagte kan nie uitgeskakel word nie soos wat die ondersoek ontvou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.