Twee verdrink by Hermanus

Hermanus Foto: hermanussouthafrica.com

Hermanus Foto: hermanussouthafrica.com

Twee mans het Saterdag by Hawstonstrand naby Hermanus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“Die twee mans, onderskeidelik 24 en 29 jaar oud en al twee van Ravensmead in Kaapstad, is omstreeks 14:00 meegesleur terwyl hulle in die see geswem het,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “ʼn Lewensredder by ʼn nabygeleë openbare swembad het die 24-jarige man uit die see gehaal voor paramedici opgedaag het.” Alle poging om die man by te bring was tevergeefs. Hy is op die toneel dood verklaar.

Lede van die NSRI het ʼn seereddingsvaartuig gebruik om die liggaam van die 29-jarige man uit die see te haal. Hy is ook dood verklaar.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.