Twee verdrink byna in Heroldsbaai

Foto: ER24

Twee mans is Vrydagoggend in ʼn hospitaal opgeneem nadat hulle byna verdrink het toe hulle in Heroldsbaai deur ʼn golf van die rotse geslaan is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en paramedici van die Metro Rescue-nooddiens het omstreeks 9:15 op die toneel aangekom.

Die mans, albei in hul 20’s, het toe reeds op die strand gelê en talle omstanders het hul probeer help.

“Die mans het beserings opgedoen toe hulle teen die roste vasgeslaan is,” het Meiring gesê. Hulle is na die George-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die twee mans het glo op die rotse gestaan en hengel toe hulle deur ʼn brander van die rotse geslaan en in die see ingetrek is. “Die mans is verskeie kere teen die rotse geslaan voordat hulle daarin kon slaag om self strand toe te swem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Flip ·

Weet nie wat die omstandighede was nie, maar mens draai NOOIT jou rug op die see wanneer jy van die rotse af hengel nie! Ek het self al n noue ontkoming gehad met my rug na die see…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.