Twee verdrink glo tydens staptog

(Argieffoto: Barbara Reid/Mountain Club of SA, Facebook)

Twee stappers het oënskynlik verdrink toe hulle die naweek in ʼn reservaat in die Magaliesberg in Noordwes gaan stap het. Die Dome-poele, soos dit onder stappers bekend staan, is in ʼn bewaringsgebied naby Mooinooi geleë.

Die vrou en man is na bewering vroeër die dag op die staproete, waarvoor besoekers ʼn permit nodig het, opgemerk.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê ʼn ander groep stappers het Saterdag die vrou se liggaam in ʼn waterpoel gesien dryf en die nooddienste ontbied. Soek-en-reddingspanne het haar liggaam uit die water gehaal.

Die soektog na die man is intussen voortgesit. Reddingswerkers het sy liggaam Sondagmiddag in ʼn rivier gevind, het Botma gesê.

Die slagoffers se name is nog nie bekend gemaak nie.

Botma het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek na die sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

4 Kommentare

Pampoen ·

Ek was nou die dag daar. Die omgewing is nie veilig nie. Vir twee mense om so te verdrink is effe verdag. Veral as die liggame nie op dieselfde plek gevind is nie. Doen maar asseblief daardie nadoondse ondersoek deeglik.

Gawie Louw ·

Hier is n slang in die gras, Ek was ook al daar en ek kan nie dink dat twee mense op een slag daar kan verdrink nie.. Hoop ons sal op hoogte gehou word.

Anna ·

Het baie naweke as kind daar deurgebring. Ek kan dink dat één persoon sy kop kan stamp en verdrink, maar nie twee nie. Defnitief verdag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.