Twee verdrink in Durban

Netcare 911 het Maandag op twee verdrinkingsvoorvalle in Durban reageer (Foto: Verskaf(

Twee mans het Maandag in afsonderlike voorvalle in Durban-Noord verdrink.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het ʼn man, iets in sy 60’s, omstreeks 13:30 by die La Lucia-strand verdrink.

Volgens verslae het die man in die see – sonder enige lewensredders – gaan swem. Hy het onder die water verdwyn en is nie weer gevind nie.

“Ooggetuies sê hulle het gesien hoe die man sy klere op die strand los en die see ingaan. Hulle het die owerhede ontbied,” sê Herbst.

Die man het nooit weer bo die water opgekom nie en volgens Herbst neem hulle aan hy het verdrink.

Sowat anderhalf uur later het ʼn bejaarde man in ʼn getypoel in uMdloti verdrink.

Die man het in die moeilikheid beland toe hy deur seestrome meegesleur is. Lewensredders het hom gewaar en uit die water gehaal.

Lewensredders het op die strand kunsmatige asemhaling op die man toegepas. Hy het egter geen teken van lewe getoon nie. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SomeOne ·

my vraag is; is daar seestrome in gety poele ?, volgens my is ‘n gety poel soos ‘n swembad wat vol gehou word deur seewater wat oor die rand van die poel ingestoot word

Cherokee ·

Stem saam. ‘n Getypoel (tidal pool) is mens gemaak en behoort veilig te wees teen rowwe getye, haaie ens.

Lillian ·

Ai, mense wil nou maar net nie gehoor gee aan reëls en regulasies nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.