Twee verdrink in see

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Sondagmiddag na Mnandi-strand aan die Valsbaai-kuslyn ontbied nadat twee mans in die see verdrink het toe hulle in ʼn seestroom vasgevang is.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê hul Strandfontein-bemanning is omstreeks 16:15 deur die Transnet Hawe-owerheid na die strand ontbied nadat twee mans wat in die see geswem het volgens omstanders onder die water verdwyn het. Lede van die polisie se duikeenheid én plaaslike brandweer was ook op die toneel om met die soektog te help.

Vaughn Seconds, die bevelvoerder van die NSRI Strandfontein-bemanning, het gesê die soektog na die twee mans het by die Mnandi-parkeerterrein begin. Twee reddingsbote is ook in die see ingestuur om te soek. Omstreeks 17:50 is die eerste man se liggaam in die water gevind.

“Teen 18:15 moes die twee bote noodgedwonge terugkeer na die basis nadat dit skemer geword het. Kort nadat die bote die toneel verlaat het, is die tweede liggaam ook in die water deur die SAPD gevind,” het Seconds gesê.

Die voorval sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ilse v Straaten ·

Het as kind byna verdrink en sal die angs nooit vergeet nie. Het dus ‘n heilige respek vir water.
Innige simpatie aan almal betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.