Twee verdrink in Vaalrivier

Vaaldam soos gesien van die N3 (hierdie foto is geneem op die grens tussen Mpumalangan en die Vrystaat) Foto: Kierano - eie werk, GFDL, via Wikimedia Commons

Vaalrivier soos gesien van die N3 (hierdie foto is geneem op die grens tussen Mpumalangan en die Vrystaat) Foto: Kierano – eie werk, GFDL, via Wikimedia Commons

Twee mans, albei in hul 20’s, het Saterdagmiddag in die Vaalrivier in Vereeniging verdrink.

“Plaaslike owerhede het paramedici na die toneel ontbied,” het Russel Meiring, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee persone het op die oewer van die rivier gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Verskeie lidmate van ʼn kerkgroep het om die twee mans gestaan.”

Paramedici kon nie enige teken van lewe vind nie. “Die mans was al ʼn geruime tyd dood. Hulle is albei op die toneel dood verklaar,” het Meiring bygevoeg.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soek- en reddingspan het die mans se liggame uit die rivier gehaal, nadat hulle as vermis aangemeld is.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KarooKlong ·

Hierdie berig se inhoud is baie swak uitgedruk. Selfs die streeknaam is foutief.

Cherokee ·

Veeel meer berigte is dieselfde klas. Minimum inligting en natuurlik afhanklik vanaf die bron.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.