Twee verdrink tydens kerkdiens

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Thohoyandou in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat twee persone tydens ʼn kerkdiens verdrink het.

Die 26-jarige profeet, Kone Mutali, en ʼn 16-jarige lidmaat, Neluheni Steven, het Donderdag omstreeks 13:00 verdrink terwyl Mutali ʼn geestelike seremonie in die Ngwedirivier uitgevoer het.

“Twaalf lidmate van ʼn plaaslike kerk in Mashau Village in Vuwani het by die rivier bymekaargekom vir gebed en nog kerkverwante aktiwiteite,” het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die profeet en die tiener het in die rivier ingegaan en verdrink.”

Die polisie se soek- en reddingsdiens en paramedici is ontbied.

“Die polisie maan lede van die gemeenskap om baie versigtig te wees wanneer hulle naby damme of riviere is, insluitend tydens godsdienstige aktiwiteite. Inwoners word aangeraai om slegs in die water in te gaan wanneer dit veilig is en hulle kan swem.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.