Shuvai Ben Mahofa, Zimbabwe se minister van regeringsake vir die Masvingo-provinsie wat Maandag dood is, is glo vroeër by ʼn Zanu PF-konferensie vergiftig.
Christopher Mushowe, minister van inligting, media en uitsaaidienste, het Maandag aan die staatsbeheerde Herald gesê Mahofa (76) het inmekaargesak waarna sy na die Makurira-hospitaal gehaas is. Sy is omstreeks 04:00 die oggend dood.
Daar word berig Mahofa is glo in Desember 2015 tydens ʼn Zanu PF-konferensie in Victoria Falls vergiftig. Sy is ná die vermeende vergiftiging in ʼn hospitaal in Suid-Afrika opgeneem en was sedertdien in haar tuisland gereeld in die hospitaal vir behandeling.
Mahofa is in Februarie 2015 in haar amp aangestel. Haar aanstelling volg nadat haar voorganger, Kudakwashe Bhasikiti, weens teenstrydige gedrag van sy pligte onthef is.
Mohafa se dood volg kort op die hakke van nóg ʼn vermeende vergiftigingsvoorval oor die naweek tydens ʼn byeenkoms van die regerende party in Gwanda, 460 km suid van Harare.
Adj.pres. Emmerson Mnangagwa het na bewering “bloed opgebring” ʼn paar minute nadat pres. Robert Mugabe ʼn toespraak begin lewer het. Hy het glo vooraf gekla dat hy duiselig gevoel het nadat hy vrugtesap tydens die byeenkoms gedrink het.
Mnangagwa, ʼn langdurige bondgenoot van Mugabe, het die byeenkoms in ʼn ambulans verlaat. Hy is na ʼn hospitaal in Gwanda geneem, maar later na ʼn militêre basis in Gweru gevlieg.
Volgens berigte is hy Sondag na ʼn hospitaal in Suid-Afrika gebring nadat hy by die Lanseria-lughawe in Gauteng geland het.
Winter is coming…
Jesuit orde aan die werk, oom Robert was mos ook “getrain” deur hulle, hy behoort te weet.
Lyk my hulle het die verkeerde borde kos gekry dit was seker vir iemand anders bedoel want die twee was na aan die Pres. Wys jou weer moet nie enige iets eet wat aan jou voorgesit word nie, eet eerder by jou huis waar jy en jou eggenoot dit voorberei.
Iemand anders wil pres word nou is hulle in die pad
Hoekom SA toe vir behandeling?
Ek hoop nie ons moet die rekeninge betaal nie, het Zim al die 500miljoen wat hy aan Eskom skuld betaal??