Twee verkeersbeamptes vas oor korrupsie

handcuffs3-320x257Twee verkeersbeamptes is in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die verkeersbeamptes het ʼn motoris wat die spoedgrens oortree het van die pad af getrek en hom beveel om omkoopgeld van R1 000 te betaal. “Die man het glo aan die beamptes verduidelik dat hy gejaag het aangesien sy vrou in kraam was by die Upington-hospitaal.” Die beamptes het die man laat gaan op voorwaarde dat hy met sy terugkeer die R1 000 aan hulle sal betaal. Die man het die voorval aan die Valke gerapporteer en die verkeersbeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle die R1 000 van die man gevat het. Ramaloko sê die twee verdagtes sal Maandag in die Upington-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.