“Hulle het aan hom gesê sy lisensieskyfie is foutief en het geld geëis,” het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, gesê.
“Die motoris het aan die beamptes gesê hy het nie kontant by hom nie en hulle gevra om hom na sy kleinhoewe te volg.”
Mahamba sê die motoris het intussen die polisie gekontak en die twee beamptes is op die kleinhoewe in Welbekend in hegtenis geneem.
Mahamba sê die beamptes sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn. “Ons gaan interne dissiplinêre prosedures van stapel stuur en briewe met die voorneme om te skors sal aan die beamptes uitgereik word.”
Dit was nou slim! Net jammer die cops weet nou waar hy bly…
Nog ‘n blabs!
“Twee verkeersbeamptes van die Tshwane-metropolisie is in hegtenis geneem nadat hulle glo Donderdagaand ‘n motoris probeer omkoop het.” Dit blyk uit hierdie sin dat die metropolisie die motoris wou betaal, terwyl die berig eintlik daaroor gaan dat hulle betaling van die motoris wou hê!
Swak, swak!
Ag Hannelie, bou ‘n brug en kom daaroor.
Ag Hannelie, jy vind fout met alles. Mense met ‘n goeie begrip verstaan wat geskryf word.
Julle kan dalk met sulke swak Afrikaans tevrede wees! Net soos wat julle seker dan ook met al die swak diens en gemors in hierdie land tevrede is! Wat Maroela betref, julle weet mos as jy jouself uitgee vir ‘n toffie……!
‘n Kenmerk van Suid-Afrika. Krimminele in uniform!
Bedoel jy miskien ‘n “blaps”?
Jammer, my vraag oor die “blaps” was aan Hannelie gerig, ek is nuut hier.
Wanner word die AVC en sy trawante ook gevang
In Edenvale gaan dit net so. Hulle vat jou na die naaste ATM om geld te trek!!!