Twee verkool in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is Sondag dood nadat hulle motor in ʼn stormwaterdrein beland het in Vereeniging, Gauteng.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:00 Sondagoggend plaasgevind. “Die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor in ʼn stormwaterdrein beland het.”

Volgens Rossouw was die bestuurder en ʼn passasier in die motor vasgekeer waarna die motor aan die brand geslaan het. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die motor reeds uitgebrand.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

loerine ·

Dankie dat julle die nuus na ons toe bring!Ver van dorp af en kan miskien 1x n koerant koop.Verder luister ons maar Radio.

Neptunus ·

Hulle het natuurlik net 60 km/h gery en was so nugter soos spoke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.