Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:00 Sondagoggend plaasgevind. “Die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor in ʼn stormwaterdrein beland het.”
Volgens Rossouw was die bestuurder en ʼn passasier in die motor vasgekeer waarna die motor aan die brand geslaan het. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die motor reeds uitgebrand.”
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Dankie dat julle die nuus na ons toe bring!Ver van dorp af en kan miskien 1x n koerant koop.Verder luister ons maar Radio.
Baie dankie!
Dankie vir aansluiting.
Hulle het natuurlik net 60 km/h gery en was so nugter soos spoke.