Twee verkoolde liggame is Sondagoggend in ʼn Johannesburgse plakkershut aangetref.
Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Dan Pienaarweg in die Eikenhof-omgewing in die suide van Johannesburg gebeur.
Volgens Siddall is ER24 deur die Midvaal-brandweer van die voorval in kennis gestel.
“Paramedici het omstreeks 09:13 by die toneel opgedaag en gewag dat die vuur geblus word. Dis is nie duidelik hoe lank die hut gebrand het voor ons aankoms nie,” het Siddall verduidelik.
Toe dit veilig was om die hut binne te gaan, het die paramedici twee liggame, wat só verkool was dat dit nie uitgeken kon word nie, aangetref.
Die polisie ondersoek die voorval.
Skande JZ hoekom moet mense so bly?