Twee verkool toe tenkwa aan die brand slaan

Ongeluk op die N2 naby die Mtunzini-tolplaza (9 Mei 2020) (Foto: Netcare 911)

Twee persone is dood tydens ʼn botsing Saterdagmiddag op die N2 naby die Mtunzini-tolplaza aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 13:00 na die toneel ontbied. “ʼn Tenkwa wat vlambare vloeistof vervoer het, het met ʼn vragmotor gebots en albei vragmotors het omgeval. Die N2 is heeltemal versper.”

Die vragmotors het aan die brand geslaan en is heeltemal verwoes.

“Nadat die brandweer die vlamme geblus het, het ʼn paramedikus bevind albei bestuurders van die vragmotors het in die ongeluk omgekom en verkool.”

Die N2 is gesluit terwyl owerhede die wrakke verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cecil ·

Innige simpatie met die 2 drywers. Met die paaie wat nie nou baie verkeer dra nie kan ek nie insien dat sulke ongelukke nou moet gebeur nie. Wag tot lockdown opgehef word en alkohol weer vrylik beskikbaar gaan wees dan gaan ons moeg gelees raak van ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.