Twee verkrag tiener ná matriekafskeid

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienermeisie van Welkom in die Vrystaat is Sondag in die vroeë oggendure glo deur twee mans verkrag toe sy op pad was huis toe ná haar matriekafskeid.

Volgens sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, is die 18-jarige meisie omstreeks 03:00 in Bronville verkrag ná ʼn informele partytjie ná die matriekafskeid.

“ʼn Taxi het die meisie en ander leerlinge naby ʼn laerskool in Bronville afgelaai, waarna almal in verskillende rigtings na hulle huise toe is. Die slagoffer het alleen geloop,” het Mokhuoane gesê.

Twee onbekende mans het verby die meisie in die straat gestap en haar van agter af aangeval. “Hulle het haar na bewering in ʼn veld in gesleep en verkrag voordat hulle haar selfoon en R100 kontant gesteel het. Hulle het te voet van die toneel gevlug.”

Die Bronville-polisie is ontbied en ʼn saak van verkragting is aanhangig gemaak. Die saak is na die Thabong-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe oorgeplaas vir verdere ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

henda ·

3 uur in die oggend ? Wie laat dit nog toe dat n meisiekind daai tyd in die oggend alleen loop!

Jaques ·

Hoekom moet dit onveilig wees vir enige iemand om daai tyd van die oggend te loop, maak nie saak wie of wat jy is nie?
Ok, seker dom vraag, maar is dit nie ons almal se Human Right om veilig te wees nie, jou Human Right om te loop waar en wanneer jy wil nie, jou Human Right om jou lewe te geniet nie ongeag van tyd en plek, jou Human Right om te, en te, en te nie?
That said, as ek dit nie mis het nie, is daai ‘n gevaarlike deel in Welkom, hoekom kon die volwasse taxi bestuurder nie meer verantwoordelik gewees het, en die kinder by hulle huise afgelaai het nie?
Ek sou hom/haar ook somemr tot verantwoording roep.

Martie ·

Jaques, dit sou great wees as ons daardie regte gehad het en veilig kon wees maar ongelukkig nie meer in Suid Afrika nie. Ons grondwet se fokus op mense regte is in my opinie maar net een van die baie groot probleme met ons land – eintlik ontneem dit die onskuldige mense van regte en kriminele se mense regte kry voorkeur. Kriminele behoort nie regte te hê nie. Punt. Jy is reg, die taxi bestuurder, haar vriende, ouers, sy self – kon ander besluite geneem het en die nagmerrie kon verhoed het!

Rina Coetzee ·

Geen meisie soek daarvoor nie. Kom ons draai jou vraag om en vra eerder wat soek die onopgevoede, egosentriese, misdadige elemente daardie tyd van die nag in die strate? Sommige mense se omstandighede is ongelukkig so dat hul moet loop waar hul wil wees, almal vir wie gunste gevra word, soos vervoer, soek hul pond vleis en nie almal beskik oor daardie “vleis” nie. Ek is so bitter jammer vir haar.

Absolutely ·

Jy is 100% reg Rina, die regering en polisie is verantwoordelik om hierdie kriminele vas te vat en te sorg dat dit nie gebeur. Dit is sooo maklik, effektiewe polisering & doodstraf. Kyk in Botswana & leer. Sulke kriminele het geen reg, dit was hul keuse, jou reg moet by jou slagoffers lê!

Mel ·

Altyd ‘n spoggerige geleentheid in enige matriek leerling se Hoërskool loopbaan, maaaaaar di after parties na di tyd is di vraag? Mens loop ni daardie tyd van di nag alleen ni, maak ni saak of jy 10 tree van di huis Afgelaai word ni, om elke hoek en draai wag di skurke jou in, hul sal nooit in di nag gevang word ni

Lance ·

Die verkragters wag om elke draai soos wolwe opsoek na n prooi …dis nou SA vir jou in al sy glorie en die polisie beteken net mooi niks om mens veilig te laat voel nie …hulle is en bly maar pateties anders was SA veilig en het mense respek vir hulle en die reg gehad …alles behalwe die geval soos ons almal weet ..skurke en skelms oral !

Rupert Ashford ·

Die polisie kan ook net doen wat hulle politieke en operasionele meesters hulle toelaat. Maar ek stem saam daar is baie vrot appels.

Louise ·

Lance – hoekom nou die polisie sleg maak hier. Moes hulle nou voorlê dienste gehou het daar daai aand. As jy in diens van die SAPD is dan kan jy praat. Is mos lekker om met klippe bestook te word in jou gesig gespoeg te word en en en….. Ek voel jammer vir die kind. Daar is nog die wat wil werk maar nou word ons afgebreek deur sulke kommentaar. Kan wragtig nie orals wees nie. Gaan kyk gerus na hoeveel kry borg.SAPD arresteer en justisie gee borg. ONS PROBEER OM JULLE VEILIG TE HOU

tj ·

Die arme meisie, bid dat sy gesond deur hierdie trauma sal kom. :'(

jeanette ·

Dis so jammer dat sy dit moes deur gemaak het want die kinders sien so uit na hulle matriek afskei, onthou net Jesus is met jou en hoop hulle word gou gevang.

sterretji ·

Taxies is so oor geld my staff word n 1\2 km van di werk afgelaai want hy ry net tot daar ook v bronville. Hy ht seker ni kinders ni. Of dink ni sover ni jammer dat ons vroue altyd moet deur loop. Jammer meisie wens daar was n wet dat sulke mans gekastreer word.

Jean ·

Dit was haar MATRIEKAFSKEID, wie van ons was 24:00 in die huis? Verder moes hierdie meisie met ‘n taxi ry, sy het nie haar eie vervoer nie, have a heart, sy het niks verkeerd gedoen nie, die VERKRAGTERS het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.