Twee verkrag vrou herhaaldelik toe sy hulp aanbied

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het motoriste landswyd Saterdag gewaarsku om waaksaam te wees vir misdadigers wat dit laat voorkom asof hulle hulp langs die pad benodig waarna hulle op “onskuldige slagoffers toeslaan”.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê dié waarskuwing is uitgereik nadat ʼn 36-jarige vrou van Mpumalanga glo deur twee verdagtes verkrag is nadat sy langs die pad stilgehou het om twee mense, oënskynlik in nood, te help.

“Die vrou was besig om huis toe te ry toe ʼn halfkaal vrou uit die bosse gehardloop kom en vir haar aangedui het om te stop omdat sy kwansuis hulp nodig gehad het. Nadat sy aanvanklik eers verbygery het, het sy weer teruggery om hulp aan die vrou te bied. Nadat sy stilgehou het, het die vrou onmiddellik in die bosse verdwyn waarna ʼn man met ʼn balaklawa en ʼn pistool uit die bosse gekom het en die pistool op haar gerig het,” sê hy.

Die man het die vrou glo gedwing om tot by die Injaka-dam in dié provinsie te ry en haar toe in die bosse ingelei. Sedibe sê die verdagte het daarna ʼn tweede man gebel om na die toneel te kom.

“Die slagoffer het probeer ontsnap, maar die man het ʼn skoot afgevuur. Hy het haar gedwing om uit te trek en die twee mans het haar om die beurt verkrag. Hulle het haar ook beroof van ʼn onbekende bedrag geld, ʼn selfoon en ander items. Die mans het van die toneel gevlug in ʼn groen Volkswagen Citi Golf,” sê hy.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met meer inligting oor die voorval word versoek om konst. Dolly Marule te bel by 072 969 1985.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Erna ·

Hier by ons was ook ‘n vrou wat met ‘n huilende baba in die nag langs die pad loop en dan in die bosse verdwyn, maar ons gemeenskap was te wakker vir die slenter.

Karolis ·

Lees koerant, lees Maroela,
of word deel van statistiek.
Dit is deesdae selfs vir mans riskant om hulp aan te bied langs die pad.

Cherokee ·

Selfs vir mans sê jy, Karools. Ek het om 2300 vir twee jong vrouens net ‘n peuter, 3 of 4 jaar oud, stil gehou. Sy het my oogbank gekloof met ‘n vuishou en haar vriendin het my gelooi met haar vuiste. Terwyl ek haar harebos met die hand vasgehou het, (lag naar) deur die venster en met die ander hand die deur probeer oopmaak, het sy na die staande motor aan die anderkant van die pad, haar vriende geroep en terwyl hulle oor die pad gehardloop het, het ek besluit dit is al laat en tyd om te waai. Haar veiligheidshalwe weggestamp om haar nie raak te ry en vertrek. Die laaste ou op die pad probeer platry maar hy het weggeraak in die ruigtes, Sy was ‘n model van Johannesburg (blank) en hulle is gevang in ‘n opvolgende poging.

Ann ·

Ek stem saam. In so ‘n geval moet mens eerder die polisie bel en hulle vra om ondersoek in te stel. Mens dink ‘n vrou (die een wat uit die bosse gekom het) is weerloos, maar hulle is net so slinks soos die persoon vir wie hulle help.

Siek en sat ·

MOENIE STOP NIE. Hoeveel keer is daar al gese bel polisie as jy iets gewaar maar MOENIE STOP NIE. Sterkte.

KG ·

Dis regtig verskriklik wat met die arme vrou gebeur het, dit maak mens so woedend en magteloos voel terselftertyd!! Ek dink is in die gemiddelde mens se natuur om te wil help, maar a.g.v SA se misdaad wat so handuit ruk ry ek ongelukkig altyd verby mense wat langs die pad staan of ryloop. Dis jammet, want ek sou baie graag wou help, maar die risiko is ongelukkig net te groot.

KG ·

Andre, ek sou dit graag wou glo, maar ek is nie so seker daarvan nie, nie as jy hoor hoe arrogant baie van die misdadigers is nie.

Christo ·

Ons land het regtig Goddeloos geraak! :(( Wat is volgende?

Marinda ·

Moenie stop nie. Vel die polisie eerder, laat hulle dit opvolg. Dis hulle werk.

VanAfrika ·

Dit is so jammer, twee weke terug toe slaan ek n plaat wat regop staan in die pad, het soos n stuk papier gelyk, die kar voor my het dit net gemis en was te laat vir my om te mik want ons was naby n stop straat en het gereed gemaak om te stop, en dis toe dat my regter voorkant band en die regter agterkant band die plaat tref en daar sit ek met twee pap bande. Gelukkig was ek om die draai by my werk toe stop een van die manne wat in n ander afdeling saam my werk. Toe hy hoor ek is by dieselfde maatskappy toe ry hy om ons fleet afdeling te kry om my te kom help. Terwyl hy intussen terug kantoor toe is om reëlings te tref, het verskeie mense, wit en swart gestop en hulp aangebied. Ek was eintlik beindruk dat mense nog stop as hulle sien jy is in nood. Die maatskappy wat ons van bande voorsien het al die pad van hulle plek afgekom, altwee my wiele afgehaal en vir my verniet tweede handse bande aan my kar gesit net sodat ek by die werk kan kom. Nou gebeur so iets en dit maak dit vir mense wat regtig in nood is moeilik om hulp te kry.

Boontjie ·

Ek stop al jare nie meer nie juis omdat dit so gevaarlik geraak het. Toe gebeur dieselfde met my, albei bande aan die regter kant stukkend agv ‘n stukkende bottel geplant in die grondpad. In my mening aspris om iemand te laat aftrek. Ek het maar ouder gewoonte my man gebel om te kom help.
In die tyd wat ek gesit en wag het, het soveel mense gestop en gevra of hulle kan help, ek het eintlik skaam gekry omdat ek nie meer ook stop en help nie. Toe lees ek MM …

Onnie ·

Goeie Vader maar dit is skokkend! Bel wraggies nog n vriend om te deel in sy siek siek daad. Dat die vriend en die vrou wat haar aandag getrek het, deel was van die hele storie is nog meer skokkend. Ek bid party dae vir dood eerder as om nog n dag langer in hierdie siek wêreld te leef

Pop ·

Dis vreeslik dat een vrou n ander dit laat aandoen. Alles beplan en dit vir origheid. Kan mens die vrou wat dit aan n ander doen , n vrou noem?????

Penellope Jones ·

Dis ‘n jammerte dat die situasie in ons land so versleg en verander het dat mens nie meer diegende wat wel hulp nodig het durf help nie omdat misdadigers ‘n vrye en arrogante hand het!
Hoe ver moet dit gaan en hoeveel moet nog vermoor word, verkrag word, aangeval en aangerand word voordat iemand erens se ore en oe oopgaan???

Marie ·

Dit is verskriklik wat gebeur het…… As mens dink om goed te doen en iemand te help. Hierdie soort van ding maak dat jy gladnie iemand langs die pad help nie….. Al wil jy hoe graag help. Kan net nie glo dat hulle ‘n vrou gebruik vir hulle vieslike gemene dade nie!!!!!! Ons lewe in ‘n siek gebroke wêreld…… En dit is so jammer!!!!!!

Elsa ·

HOY SPOT..? WAAR is die polisie? as hulle dit weet, waarom ‘n teken opsit, hoekom nie DAAR wees nie?? verstaan dit gladnie…word wakker en wees daar waar die HOT SPOT is….ai kan mense nou so, sonder om te dink, tog hierdie borde oprig??? en daar is baie sulke borde, en GEEN polisie of sekuriteite, jy waag jou lewe ….Skrik WAKKER polisie… nie wag tot die ergste gebeur nie,,, DINK bietjie..

Anoiem ·

2 van ons trailer se bande het gebars in die Wes Kaap. Julle sal verbaas wees hoeveel mense wou ons help. Wit/swart is self aangebied om ons waentjie te stoor. Sal dit nie in Gauteng of Limpopo kry nie

Sophia ·

Moenie eers vir n kind stop nie. Kry hulp en gee duidelike aantekennige presies waar voorval is. Hulle misbruik ook die kinders so. Ons bly ongelukkig in n bose wereld.

Cathy ·

Ons land word beheer deur kriminele. N mens is nerens meer veilig nie.
Solank as wat daar nie tronkstraf en doodstraf is nie en ons land deur eerbare wetsgehoorsame burgers regeer word nie sal dit so bly.

Henry ·

Ongelukkig kan ons polisie nie duisende beamptes en voertuie afstaan om die heeltyd die HOT SPOT borde op te pas nie, en selfs as hulle kon sou die misdadigers net aanbeweeg het na ‘n ander plek terwyl die polisie hulle tyd mors.

Joey ·

Ek lees met afgryse die berig maar.wat.ñ skok toe ek in die kommentaar lees dit is naby George. Net gister lees ek artikel waar ñ dame van George sê hoe veilig dit nog daar is en dat sy oop vensters met handsak op voorsitplek kan ry. Ek besef weereens dit is NERENS veilig nie. Hoe hartseer. Ons woon in een van die mooiste lande met die siekste mense.

Vink ·

Joey jy verstaan verkeerd. Gaan lees mooi wat eintlik oor N9 70km vanaf George gebeur het

Danien ·

Joey lees mooi. Dis by Inyaka dam. Dis pp di grens tussen Limpopo en Mpumalanga. Die waentjie se wiel wat gebreek het en waar die mense wou help is naby George!

jonathan ·

Hartseer…laat my dink aan verhaal van Allison. Was dit nie vir weldoener wat gestop het nie, sou sy doodgebloei het.

Karen van Zyl ·

Ek mag dalk ‘n baie sagte hart hê, maar die lewe het my al te veel gewys. Ek stop vir niemand nie.

Ontnugter ·

…en dan is daar eendag iemand wat rerig in die nood is en niemand gaan stop nie. Ek sal ook nie. Dis hoe die lewe ons gemaak het. Africa is inderdaad “tough”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.