Twee vermeende plaasaanvallers ontsnap

Dries Botha. Foto: Facebook

Twee van die sewe verdagtes wat aangekla word van die moord op die boer Dries Botha in Julie 2017 op ʼn kleinhoewe naby Brits in Noordwes, het uit aanhouding ontsnap.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het Vrydag bevestig die twee verdagtes, Felix Mlambo en Caiphus Shilenge (albei 26), het vroeg Donderdagoggend saam met nog vyf aangehoudenes daarin geslaag om uit die polisieselle op Hartbeespoort te ontsnap.

“Ons kan nie bekendmaak hoe hulle uit die selle by die polisiestasie gekom het nie,” het hy by navraag aan Maroela Media gesê, “maar ons kan wel bevestig dat ses verhoorafwagtendes op die vlug geslaan het.”

Hy sê die polisie het teen Vrydagoggend nog geen inligting gekry oor waar die sewe hulle kan bevind nie.

Die ander vyf vermeende moordenaars wat daarvan verdink word dat hulle betrokke was by die plaasaanval waartydens Botha sewe keer geskiet is, word steeds in dieselfde selle aangehou, het Tselanyane gesê.

Hulle is Promise Mlambo, Joshias Mgwenya, Tshepo Mokgobo (al drie 26), Trust Mfofiti (20) en Thomas Sambana (18).

Botha (57) het dae nadat hy op 4 Julie 2017 op sy kleinhoewe in die Kleinfontein-omgewing aangeval is, in ʼn hospitaal in Johannesburg aan sy wonde beswyk, het Maroela Media destyds berig. Hy is per helikopter van ʼn hospitaal in Brits na ʼn hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Botha het omstreeks 20:00 op die aand van die aanval uitgegaan om ʼn alarm aan te skakel toe die aanvallers hom oorval het. Minstens vyf skote is afgevuur waarvan drie Botha getref het. Hy het terugbaklei en die aanvallers het op die vlug geslaan sonder dat hulle iets geroof het. Sy vrou het tydens die voorval in die huis geskuil en was ongedeerd.

Die sewe verdagtes is kort ná die aanval in hegtenis geneem en ʼn vuurwapen wat vermoedelik tydens die aanval gebruik is, is tydens die inhegtenisneming in hul besit gevind. Hulle het sedertdien meermale in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

HPV ·

Nou waarom is mens nie verbaas nie, laat die ander ook maar gaan…

Eddy ·

Die polisie woordvoorder kan nie sê hoe die gevangenes ontsnap het nie.M.a.w.dis weer op n verspot grappige manier hoe gevangenies ontsnap het en dis weer n verleentheid vir die polisie

Dirk Jonker ·

Ons kan nie bekend maak hoe hulle ontnap het nie ? Ja, nie so gedink nie – hulle het seker met ‘n paperclip die slot oopgemaak en nou moet ons vasstel uit wie se kantoor hulle dit gekry het……..!

Johanna Botha ·

Presies wat gebeur ….hulle ontsnap ! ! ….SAPD IS EN BLY USELESSSSSS ! !

Margaret ·

So hartseer om na die foto te kyk! Heer help ons om n oplossing te vind ?

Johan H. ·

Sluit toe die wat hulle help ontsnap het,, Dan dink julle sogenaamde polisie ons moet julle goedpraat,, Lyk my dis toe waar , meeste van julle hoort aan die ander kant van die tralies,,,,

Mariana ·

Hulle is steeds in aanhouding en ontsnap, wie sou ooit dit kon voorsien en ja dit is sarkasties bedoel. Hoekom steeds in polisieselle hoekom nie in regte gevangenis nie. Hoekom sloer die saak so, meer as ‘n jaar sit hulle nou en ry op die belastingbetaler sê rug, soos gewoonlik.

zack ·

Sluit die Polisie manne wat verantwoordelik is vir die ontsnapping toe. Die polise manne het seker kersfees shopping geld nodig gehad.

Andre Stander ·

So nie net is ons geliefde SAPD betrokke by VELE misdade, rowe, rampokkery en sluipmoorde (nie) – maar hulle is aandadig in die ontsnapping van beweerde moordenaars en ander kriminele.

Welgedaan SAP, Welgedaan…

p.s – [Ek wag dat julle begin om landsburgers te ontwapen met julle nuwe verskuilde agenda Vuurwapen wet veranderinge]….. ek wag……

Johanna Botha ·

Hoekom het bv Botswana nie sulke moord en doodslag soos in die god verlate land wonder mens …..ummmm want hulle het die doodstraf ?

Genieve ·

Nou waar is die foto’s van die ontsnaptes hoe gaan ons weet wie is hulle

Anita ·

Wat soek verhoor afwagtendes in polisie selle!? Hulle hoort in ‘n gevangenis waar behoorlike beheer toegepas kan word!!

aj ·

Die polisielede wat aan diens was, en / of wat die ontsnapping gefasiliteer het, moet as medepligtiges vir die moord aangekla word.

Soos die misdadiger wat die wegkom motor bestuur … !

toy ·

Ons almal weet al teen hierdie tyd hulle is gehelp. Maak mens eintlik siek.

JG ·

Vandat die Polisie verander het van n ” MAG” na n “SERVICE” dat dit so gaan…hulle verstaan waarskynlik dat hulle n “SERVICE” moet gee aan die kriminele…om hulle vry te laat. Useless klomp…ek sal hulle nie eers vetrou om na my hond te kyk nie.

Sarel ·

Al die vorige aanvallers wat ontsnap het soos bv die van Solly Botha te Zeerust het in die Swartruggens selle n saaglem bekom. Ook hier was bevind dat geen beampte verantwoordelik gehou kon word nie. Verantwoordelikheid is n vloekwoord in die staatsdiens .

Maria ·

My oorlede trotse, toegewyde polisieman pa draai in sy graf om!

Boland ·

Aanvaar nou net julle kan en sal nooit die land kan regeer nie.SA nou teen n vinnige tempo op afdraande pad.

pieter ·

Julle hoev nie eers die skuldiges te probeer opspoor wie hulle help ontsnap het nie ,soek sommer in die polisiestasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.