Twee persone is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende rowers omstreeks 17:30 op ʼn supermark in die Kranskop-gebied in KwaZulu-Natal toegeslaan het.
“Die rowers het die bestuurder met ʼn vuurwapen aangehou. Hulle was swaar gewapen en het ook ʼn klant, wat in die winkel was, geskiet,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Tydens ʼn oor-en-weer-skietery is twee van die verdagtes doodgeskiet.”
Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. “Ander verdagtes kon met ʼn onbekende bedrag kontant in twee wegkomvoertuie van die toneel vlug.”
Die Kranskop-polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die polisie doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek oor die afsterwe van die twee verdagtes. “Naburige polisiestasies staan die Kranskop-polisie by in hul ondersoek na die voortvlugtiges.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Gaan die gewapende aanvalle en rooftogte waaragtig nooit ophou nie? Waarom moet onskuldige mense ook in die proses geskiet word? Daar is ontstellend baie ongelisensieerde vuurwapens in omloop!
Nee dit sal NOOIT ophou want die eff moedig plaas moorde aan sodat vuurwapens op die manier bekom word sodat daar moord met onwettige vuurwapens gepleeg kan word
Ek het nog altyd n hoë dink van die polisie gehad. Toe ek onlangs n inbraak by die stasie aanmeld was die konstabel so dronk hy kon skaars op sy voete staan.
Marvelous