Twee vermeende rowers doodgeskiet

Argieffoto

Twee persone is doodgeskiet nadat ʼn groep gewapende rowers omstreeks 17:30 op ʼn supermark in die Kranskop-gebied in KwaZulu-Natal toegeslaan het.

“Die rowers het die bestuurder met ʼn vuurwapen aangehou. Hulle was swaar gewapen en het ook ʼn klant, wat in die winkel was, geskiet,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Tydens ʼn oor-en-weer-skietery is twee van die verdagtes doodgeskiet.”

Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens. “Ander verdagtes kon met ʼn onbekende bedrag kontant in twee wegkomvoertuie van die toneel vlug.”

Die Kranskop-polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die polisie doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek oor die afsterwe van die twee verdagtes. “Naburige polisiestasies staan die Kranskop-polisie by in hul ondersoek na die voortvlugtiges.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Moedeloos ·

Gaan die gewapende aanvalle en rooftogte waaragtig nooit ophou nie? Waarom moet onskuldige mense ook in die proses geskiet word? Daar is ontstellend baie ongelisensieerde vuurwapens in omloop!

Cherokee ·

en ongelisensieerde bomme, want bomdreigemente het ook ‘n aanvang geneem.

Dafer ·

@Moedeloos – Nee, Moedeloos, dit gaan nie. Ek dink die stelsel wat veronderstel is om kriminele te bekamp – polisie, howe, en tronke, beskik nie naastenby oor die kapasiteit om die hoeveelheid kriminele te verwerk nie!

snoefie ·

jy is verkeerd dafer. die polisie, howe, gevangenisstelsel, beskik eenvoudig nie oor die kundigheid om hierdie misdaadelement die nekslag toe te dien nie. daarom dat jy regters kry wat oortreders tronkstraf oplê vir krimen injuria maar moordenaars borgrog gee, afhangende van velkleur.

Christien vd Westhuizen ·

Nee dit sal NOOIT ophou want die eff moedig plaas moorde aan sodat vuurwapens op die manier bekom word sodat daar moord met onwettige vuurwapens gepleeg kan word

Lerato ·

Ek het nog altyd n hoë dink van die polisie gehad. Toe ek onlangs n inbraak by die stasie aanmeld was die konstabel so dronk hy kon skaars op sy voete staan.

Anoniem ·

Lerato, gelukkig is almal nie dieselfde nie, jy kry wel baie goeies wat in goeie tye geleer het en steeds eerbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.