Twee vermeende rowers is Maandag in Richmond, KwaZulu-Natal, deur die polisie doodgeskiet.
“ʼn 46-jarige werknemer was in die winkel besig toe ses persone hulself as klante voorgedoen het,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Hulle het aanvalsgewere te voorskyn gebring en die man gedreig. Hulle het met ʼn onbekende hoeveelheid geld en selfoonlugtydkoepons gevlug.”
Lede van die Hilton-blitspatrollie en die honde-eenheid van die Pietermaritzburg-polisie is ontbied waarna hulle die verdagtes agternagesit het. Twee verdagtes is noodlottig gewond tydens ʼn skietgeveg.
Een van die verdagtes is in die nek gewond. Hy is op die toneel behandel en word by die Richmond-polisiestasie aangehou.
Die ander drie verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle het geen beserings opgedoen nie. Die verdagtes is almal tussen die ouderdom van 21 en 36 jaar oud. Hulle moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van besigheidsroof.
Ek kan nie meer anders as om verheug te voel as ek sulke nuus lees nie.
Baie goeie nuus jammer al 6 is nie dood geskiet nie