Twee vermeende stropers doodgeskiet

Argieffoto Foto: wwf.panda.org

Argieffoto Foto: wwf.panda.org

Twee vermeende stropers is Dinsdagaand by die Mkuze-wildreservaat in Nhlonhlela, KwaZulu-Natal deur veldwagters doodgeskiet.

Volgens Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het vier veldwaters die reservaat te voet gepatrolleer toe hulle op twee verdagtes, waarvan een gewapen was, afgekom het.

“Die gewapende man het ʼn .458-jaggeweer by hom gehad, en op die veldwagters begin losbrand,” het Mntambo gesê. Die veldwagters het teruggeskiet en die verdagtes noodlottig gewond.

“Daar is beslag gelê op die jaggeweer, ʼn knaldemper, kapmes, en twee selfone.”

Die veldwagters is nie tydens die voorval beseer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ida Sonnenberg ·

Daar sy!! Hulle Moët meer skiet. Knap gedaan veldwagters!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.