Twee vermeende stropers doodgeskiet; al 144 aangekeer

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Twee vermeende renosterstropers is dood en ses persone is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery, het SANParke Donderdag gesê.

“Die ses inhegtenisnemings en die afsterwe van die twee stropers het tydens twee verskillende operasies plaasgevind,” lui ʼn verklaring deur SANParke.

“Tydens die eerste operasie het wildbewaarders van Krokodilbrug op drie vermeende renosterstropers afgekom. Twee is noodlottig gewond tydens die jaagtog. ʼn Derde persoon het egter ontsnap en oor die grens na Mosambiek gevlug.” Daar is beslag gelê op ʼn jaggeweer, ammunisie en ander jagtoerusting.

“In die tweede voorval is ses verdagtes deur SANParke se omgewingsmisdaadondersoekeenheid, wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersteun word, in ʼn opvolgoperasie buite die westelike grens van die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op ʼn jaggeweer, ammunisie en twee voertuie.

Die inhegtenisnemings volg ná twee weke se suksesvolle operasies. Altesaam 35 vermeende stropers is in hegtenis geneem en dit bring die totale syfer van inhegtenisnemings vir Oktober op ʼn rekord 54 te staan.

Die Krugerwildtuin het die afgelope ruk ʼn toename in gewapende voorvalle beleef. Daar was 14 voorvalle tussen gewapende stroopbendes en gesamentlike magte van die SANParke-wildbewaarders, polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

“Die jongste inhegtenisnemings bring die totaal vir die jaar in die wildtuin op 144 te staan. Dit is die hoogste aantal vermeende stropers wat tot op hede in een jaar in die wildtuin in hegtenis geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dave ·

Vra vir die anc-stropers waar in die Krugerwildtuin is die grens tussen Suid Afrika en Mosambiek en hulle weet nie. Daar is weggedoen met daardie grens.

SNEL ·

Wonderlik, hou so aan, hulle roei ons pragtige diere uit en kyk net na die voriges wat aangekeer is, wit en swart, veeartse en mense in die reg. Van hulle is mense wat moet weet die stories oor renosters se horings is n miete en hulle is net eenvoudig mense wat moes weet dis iets wat mens nie doen nie. Daar is daai 2 broers ook wat gevang is in Amerika. Bly hulle word gevang en selfs van hulle dood geskiet, hou so aan, goeie werk. At least word daar iets daaraan gedoen en ek is baie bly daaroor.

boer ·

Ek wens hulle wil hierdie gesementlikke pogings aanwens en die “boere” – stropers ook begin vang,
wat ons boere so uitroei op n daaglikse basis

Paul ·

Theresa, Dit is presies hoe ek voel, geen een hoef gevang te word nie maar almal behoort opgelaai te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.