Twee vermiste kinders dood gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat die lyke van twee kinders in ʼn ongebruikte gebou in Germiston gevind is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee kinders, ʼn niggie en ʼn nefie, albei agt jaar oud, se lyke is Maandag in die gebou gevind. ʼn 40-jarige man is kort daarna in hegtenis geneem.

Volgens Kweza is die twee kinders Sondagaand by ʼn plaaslike polisiestasie as vermis aangemeld en hul liggame is die volgende oggend in die gebou, ʼn paar kilometer van waar hulle vermis geraak het, gevind. Hulle liggame was bedek en hulle het kopbeserings opgedoen. Die presiese oorsaak van hul dood is nog nie bekend nie.

Kweza het gesê die verdagte sal van moord aangekla word, maar dat daar moontlik nog aanklagte by die klagstaat gevoeg kan word namate die ondersoek vorder.

Lt.genl. Deliwe de Lange, polisiekommissaris in Gauteng, het beamptes geloof vir die spoedige arrestasie.

“Dit is ʼn baie moeilike en pynlike tyd vir die families. Ons waardeer egter die bystand wat hulle gelewer het om die kinders so gou as moontlik te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Waarom is dit so dat ‘n kind, ENIGE KIND, nie met rus gelaat kan word? Die doodstraf sal moet terugkom om hierdie goed wat dit doen finaal en permanent uit ons midde te verwyder.

Carol Pieters ·

My innige simpatie aan die ouers. Die onskuldige bloed was so gegiet word sal nie ongestraf by God gelaat word nie. Wat my die meeste bekommer is dat soveel mooi vroue, onskuldige kindertjies en brose oumense vermoor word en kort voor lank gaan net die “siek” mans oorbly, en wat dan?

Liewe heksie ·

Nee nee nee is dit weer n siek familie lid of wat nee nee nee

regtig! ·

Ek stem saam doodstraf moet terugkom veral as jy aan ‘n kind of oumens raak, hulle kan hulself nie verdedig nie, as die gemors teen hul eie grootte te staan kom, dan kan hulle niks doen nie!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.