Twee vermiste seuns dood gevind

Argieffoto

Argieffoto

Twee seuns, sewe en 10 jaar oud, wat in Limpopo vermis geraak het se liggame is gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee seuns is op 28 November die laaste keer gesien waar hulle in die straat gespeel het in Ga-Chuene in Thokgoaneng, sowat 35 km buite Polokwane.

“Lede van verskeie polisie-eenhede het onmiddellik met ʼn soektog na die twee seuns begin.” Volgens Ngoepe het ʼn verbyganger Donderdagaand op die twee seuns se liggame afgekom in ʼn veld naby aan die omgewing waar hulle verdwyn het.

Ngoepe het gesê die liggame is in water aangetref en albei seuns het erge kopbeserings opgedoen. “Drie sangomas, onderskeidelik 25, 39, en 46 jaar oud, is intussen vir ondervraging ingeneem rakende die voorval.”

Ngoepe het gesê die polisie se ondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarah Roux ·

Dis twee mammas êrens se grootste seer om sonder hulle seuntjies aan te hou leef. Ek dink aan julle

Nico ·

Sangomas klop die tamboere in Afrika. Msholozi en sy kabinet asook senior polisielede het hulle eie sangomas. Nie een gaan sy/haar kantoor in die oggend in sonder dat sy/haar persoonlike sangoma die kantoor met ‘n beesstert reinig nie. Geen dissiplinêre optrede word deeglik toegepas nie omrede almal bang vir mekaar se sangomas is . Bv.Hlaudi Rooioog se ma is ‘n sangoma daarom sal hulle hom nie in die pad steek nie, “comprehendo amigo” . Sangomas regeer die RSA !!!!

Pendoring ·

Klink altevol soos Deja-Moo. Ons het hierdie bull al in die vorige bestel gehad toe die kerke ook maar streng aan die die regering voorgeskryf het. Same story, different day.

miv ·

So jammer vir die ouers en gesinne, ons harte gaan uit na julle, ons innige simpatie. Hoop die storie kry net soveel mediadekking soos die kisstorie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.