Twee verongeluk in sementtrok

Die vragmotor se wrak. Foto: Netcare 911

Die vragmotor se wrak. Foto: Netcare 911

Twee mans is dood toe ʼn swaarvoertuig wat sement vervoer het, Woensdag in die vroeë oggendure op die N1-snelweg noord van Pretoria omgeslaan het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 02:00 tussen die tolhek by die Carousel Casino en Hammanskraal plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor die swaarvoertuig verloor, waarna dit van die pad af geswenk en omgeslaan het,” het Mathe gesê.

Die mans was in die gefrommelde kajuit van vragmotor vasgekeer en dit het brandbestryders nagenoeg twee uur geneem om hulle uit die voertuig te kry.

“Die mans het teen die tyd wat hulle bevry is, reeds aan hul beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lalla ·

As mens sien hoe trokke op die N1 daagliks jaag is dit ‘n wonder daar is nie meer ongelukke nie.
Die spoedgrens is 120 maar soms moet jy vinniger as dit ry om by hulle te probeer verbygaan.

Magda ·

‘n Trok is nie veronderstel om so vining te ry nie. 80 km’s dan is die kanse om beheer te verloor baie minder, maar veiligheid is nie vir hulle enige iets werd nie.

Marie Norval ·

Dit is my twee kleinneefs wat oorlede is in hierdie ongeluk. Ons harte gaan uit na hul ouers en die res van die familie wat hierdie bitterre nuus gisternag moes ontvang.

Karin Steyn ·

Ek het vir jou neef skool gegee. ‘n Pragtige seun met ”n goeie hart en soveel talent op die rugbyveld. Ons is almal stukkend! Ek dra julle en jul familie op in my gebede.

Koos1 ·

Marie, my innige simpatie met julle verlies.
Ek het self ‘n kode 14 lisensie en het lank trokke gery. Daar is ‘n magdom dinge wat verkeerd kan gaan om so ‘n ongeluk te kon veroorsaak. My mede MM lesers, hou eers julle kommentare terug totdat ons weet wat die oorsaak was, asb.
Ongelukkig is sement baie swaar (50kg per sak, 2000 kg per pallet en sowat 40 ton per trok) en dit het die gewig om enige voorhakker te kan plat druk.

NEL ·

Ai die wat so kommentaar lewer, het ook gehoor die klok lui maar weet nie waar die bel hang nie. Eersten my hart gaan uit na die oorledenes. Tweedens werk ek self vir ‘n groot vervoer maatskappy, ons drywer moet 22h00 van die pad wees of die perde spring. Uit ondervinding en baie oefeninge gebeur meeste ongelukke met groot trokke en buste tussen 02h00 en 05h00.
Kom laat ons meer bedagsaam wees en kry die trokke van die pad.

Lola ·

2 uur die oggend…..sterkte aan die familie. Dis baie hartseer.

Natasha ·

Dit is vir my sleg dat mense so vinnig en gevoelloos kommentaar lewer as jul nie werklik eers weet wat gebeur het nie. Dit is twee 19 jarige seuns wat dood is. Dink bietjie aan hul families wat ook die berigte lees en hou julle kommentaar vir julle self! Daar is ‘n rede hoekom hulle se as jy niks mooi kan se nie bly eerder stil!!

HB Boerdery ·

Natasha ons stem saam jou . Daai 2 jong manne het baie vragte al vir ons gery . Meer verantwoordelik kon jy nie kry nie ,Hulle het altyd veiligheid eerste geplaas .was altyd op tyd om jou vrag te laai .hulle het altyd voor enige vrag gery het seker gemaak wiele is reg en vrag is vas gemaak .2 legendes daai wat ons verlaat het . Ons dink aan hulle Families groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.