Twee verskeie kere uit bewegende motor in Pretoria geskiet

Die koeëlgate in die deur van die motor. Foto: SAPD

Die koeëlgate in die deur van die motor. Foto: SAPD

Twee mense is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Vrydagmiddag verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is.

Sers. Asnath Melatsi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man en ʼn vrou het omstreeks 15:50 in ʼn geel Renault Clio op Garsfonteinweg gery. Naby die N1-Noord-afrit het vier mans vanuit ʼn BMW skote op hulle afgevuur.

“Die man is vier keer in die rug getref en vyf keer in die agterstewe. Die vrou is twee keer in haar middel geskiet,” het Melatsi gesê. Die vrou kon daarin slaag om na ʼn nabygeleë voorruitherstel-onderneming te ry van waar ʼn ambulansdiens ontbied is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was in ʼn kritieke toestand, terwyl die vrou se skietwonde ook ernstig was.

Die motor waarin die slagoffers geskiet is. Foto: SAPD

Die motor waarin die slagoffers geskiet is. Foto: SAPD

“Ons is nie in hierdie stadium presies seker wat die toestand van die slagoffers is nie omdat hulle hospitaal toe geneem is en ons nog nie nuus oor hul toestand ontvang het nie,” het Melatsi gesê. “Volgens ons inligting is die man ʼn bestuurder by OR Gazma Energy Drink en die vrou een van sy kollegas.”

Melatsi het gesê ʼn motief vir die skietery is nog nie vasgestel nie, maar daar word nie vermoed dat dit ʼn mislukte kaping was nie. “In hierdie stadium ondersoek ons ʼn saak van poging tot moord,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

humor ·

Misdaad is besig om handuit te ruk, en dit neem nie n profeet om te bevestig dat hefaan nog voorle nie.

Gert ·

Hierdie dinge gebeur oor drugs en geld , hoekom hoor ons nooit van groot drug base wat gevang word nie ? Suid Afrika is vrot vat die drugs

fanie ·

Ek wonder wat se wapen is gebruik, gewoonlik is die sapd baie vining om dit te noem.

Peet J ·

Die verskillende rasse in S A se sienswyses en optredes teenoor mekaar skep ook die geleentheid vir geweldenaars om misdaad aan te wakker.
Die eenvoudigste manier om misdaad uit te roei is om dit met geweld te bestry, wat gaan gebeur wanneer kriminele bereid is bomdraers te word
asook met gifgaswapens toegerus word. Die regering moes alreeds wakker geskrik het maar jammer kom altyd te laat.

Susan ·

Peet ek stem volkome met jou saam. Jy moet asb nie ophou om jou gevoelens uit te druk nie. Almal moet weet hoe ons voel al oor die nonsens.

Peet J ·

Ek wonder hoekom haal Maroela my kommentaar af blykbaar moet ‘n mens misdaad goed praat maar nou ja ek sal nie weer my tyd mors nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.