Twee verskyn vandag vir Mihalik-moord

Die vermoorde adv. Pete Mihalik. Foto: ANA

Twee mans sal na verwagting vanoggend in die Kaapse landdroshof verskyn waar hulle teregstaan weens die moord op die bekende verdedigingsadvokaat Pete Mihalik.

Die beskuldigdes word ook aangekla van poging tot moord op die slagoffer se agtjarige seun, Daniel.

Mihalik, wat gereeld berugte karakters uit die Kaapse misdaadonderwêreld verteenwoordig het, is vroeg Dinsdagoggend buite sy seun en 16-jarige dogter se private skool, Reddam House, in Cavalcadeweg, Groenpunt, in ʼn teregstellingstyl doodgeskiet.

ʼn Gewapende man het na die bestuurder se kant van die swart Mercedes-Benz gestap waarin Mihalik en sy twee kinders gesit het voordat hulle sou uitklim om skool toe te gaan en twee skote deur die ruit geskiet. Mihalik is op slag dood van ʼn kopwond.

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die aanvaller het van die toneel gevlug in ʼn metaalgrys VW Polo, wat deur ʼn medepligtige bestuur is.

Die tweede koeël het vasgesit in Daniel se kakebeen. Hy is na ʼn private hospitaal gejaag. Mihalik se dogter is ongedeerd.

Lees alle vorige berigte oor Pete Mihalik op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ellisras ·

Die opdraggewer gee nie flenter om of die huurmoordenaars gevang is nie. En praat kan hulle nie praat nie dan is hul dood. Dit het nie saak gemaak hoe amateuragtig hul was nie. Die ou wat opdrag gegee het is veilig.

wielie ·

Waar is die betogers?? busse vol mense ?? ANC?? Hie ris n man VOOR sy kinders VERMOOR!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.