Twee vertel aan hof hoe hulle egpaar vermoor

David en Ann Strauss. Foto: Facebook

David en Ann Strauss. Foto: Facebook

Die twee mans wat David (76) en Ann (73) Strauss in Januarie in hul huis in Kwambonambi, KwaZulu-Natal, vermoor het, is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg swaar gevonnis.

Ntokozo Mbuyazi (21) en Mpilo Ngema (21) is albei tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van moord. Hulle is ook skuldig bevind en gevonnis op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Maroela Media het vroeër berig Mbuyazi is op 18 Januarie in Kwambonambi in hegtenis geneem nadat hy met die egpaar se gesteelde voertuig gery het. Bankkaarte, beursies, ʼn pistool en ander goedere wat nie aan hom behoort het nie, is in sy besit gevind.

Mbuyazi het erken dat hy en sy medepligtige die goed gesteel het en het die polisie na die huis van die Strauss-egpaar geneem waar hy en Ngema die oggend die egpaar oorval, vermoor en besteel het. Ngema is op 27 Januarie deur die polisie vasgetrek.

Mbuyazi en Ngema het in hul skulderkennings aan die staat vertel hoe hulle die moord op die Strauss-egpaar beplan en uitgevoer het. Volgens Mbuyazi het die Strauss-egpaar se tuinier aan ʼn vriend van Mbuyazi vertel dat die egpaar ʼn kluis met baie kontant in hul huis het. Mbuyazi het hiervan te hore gekom en Ngema genader om hom te help om die huis te beroof.

“Ons is die Maandag 02:00 na die egpaar se huis toe waar ons in die tuin weggekruip het. Ons was albei met messe gewapen,” het Mbuyazi gesê. “Om 06:00 het [David] uit die huis gekom en op die stoep gaan sit. Ons het albei op [David] afgehardloop. Hy het geskree en probeer om in die huis in te hardloop. Mpilo het [David] gegryp en met die mes gesteek; ek weet nie hoeveel keer nie.”

Mbuyazi vertel verder hoe Ann uit die huis gekom en geskree het toe sy hulle sien. “Sy het probeer om weg te hardloop. Ek het haar teruggebring in die huis in en haar gesteek. Ek kan nie onthou hoeveel keer nie.”

Die twee mans het daarna verskeie van die egpaar se besittings, onder meer ʼn pistool, beursies, CD’s, elektroniese toerusting, drank en kameras in die egpaar se motor gelaai en van die toneel gevlug. Hulle is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

tamboti ·

Mag die hele SA al hul tuiniers en bediendes afdank! Hierdie “informante” moet dieselfde straf as die aanvallers kry – hul deel glo in die opbrengs van die roof.

Karma ·

@tamboti – dit is wat ek ook sê: DOEN JOU HUIS- EN TUINWERK SELF. Hoeveel mense is nie al vermoor wanneer ‘n huis- of tuinhulp inligting uitgegee het of selfs saamgewerk het om die huis en gesinslede te beroof en te vermoor nie? Ongelukkig gaan dit nou weer tot iets anders lei, nl. nóg meer werkloosheid. En ja, natuurlik is daar mense wat regtig nie sonder ‘n huishulp kan klaarkom nie – diegene met groot- of uitgebreide gesinne of diegene wat deel is van die verskriklike ‘rat race’. Maar waar jy kan, doen jou eie huis- en tuinwerk en bewaar jou “goings-on” dig.

JC ·

Karma, ek kan nie meer met jou saamstem nie. Goeie raad vir ALMAL!

Charl ·

Ester, dit is mense. Diere gaan nie so te kere nie. Hoe vinniger die werklikheid aanvaar word, en mense ophou om naief te wees en hulleself te beveilig, hoe beter.

Rina ·

Hulle verdien hoegenaamd geen genade en die samelewing is vry van twee moordenaars! Sulke tyd kan boendoe-hof maar ingryp! Dink net wat arme twee slagoffers moes deurmaak – en hul familie!

MADISON ·

Tamboti ek stem 100% saam hul is die informante van wat in en om jou huis aangaan!!!

Albert Marais ·

Ek hoop nie maroela media sensor weer my mening nie.
Nie eers die doodstraf sal die ou mense terug kan bring nie. Ek stem sam met Tamboti, vervolg die tuinier ook, as medepligte.

weggegee ·

Lees weer vanoggend die berug oor die moord op die Strauss egpaar. ñ Vrou het vir 22 jaar by ons gewerk en na ñ inbraak het sy net eenvoudig verdwyn en niemand werk nou in my tuin of huis nie. Gee geen kos of klere aan enige een nie en voel nie eens sleg daaroor nie. Het vrede in my siel.

Joann ·

Ek stem,hou hul weg van jou huis as jy kan. Gee hul niks. My bediende al jare met ons,sy is baie goed en ons laat haar verstaan dat ons wapens het en ons beveilig.

SNEL ·

Dit moet hartverskeurend wees om te hoor jou ouers is so wreed vermoor en vir geen rede. Baie sterkte aan hulle kinders en familie.

Elsie Gerber ·

Dankie vir die berig. Net more wou ek maar iemand kry om in die huis en tuin te help want dinge lyk gehawend en ek kan nie met alles byhou nie. Sal maar vir oulaas als self doen en dan afskaal na ‘n leefstyl wat hanteerbaar is en risiko beperk want mens kan niemand meer vertrou nie.

Carl Volschenk ·

In 2010 is die Potgieter-familie in Lindley vermoor, almal, oa die baba klein Willemientjie. Nog nie 3 jaar oud nie. Sonder gevoel deur die kop geskiet. Die motief was na bewering moord. Die verdagtes het tydens ondervraging bekend gemaak dat hulle vir geld gevra het, soos dikwels vantevore, en dat die werkgewer huis toe gery het en met geld terug gekom het- maw, daar MOET geld in die huis wees. In hierdie geval dieselfde. Dit het hulle laat besluit om die huis te beroof. Ek sukkel om die moord op die baba (en enige van die ander familie lede) te verstaan, as dit slegs om roof gehandel het. Leer nou waardevolle lesse. Moenie kontant dra nie, dwing die werkers om bank rekeninge te open, betaal die geld via EFT, sorg dat jou beursie altyd leeg is, en moet nooit die indruk skep dat daar iewers geld is nie. Die inligting kom 99% altyd van “binne”. Moenie die “getroue” werkers vertrou nie. Tensy dit van binne kom, moet die rowers baie goeie observasie doen, wees oplettend. Ek het n besigheid, maandae staan die werkers tou om te leen. Ek wys altyd my beursie is leeg, ek leen glad nie en ek doen net EFT-betalings. Die versoeke het opgehou, summier. Deesdae kan tegnologie baie help. As die werkers dan nou so “uneducated” en “tegnologies gestremd” is, so be it! Hou op om hulle jammer te kry.

Chrisjan ·

Carl, jou voorstel dat jou beursie altyd leeg is sal geen verskil maak nie. As jy niks en ek bedoel niks, oor het nie sal hulle jou dalk uitlos. Dan moet j net lig loop vir die radikales wat jou haat net omdat jy ‘n wit vel het.

Bravo16 ·

Ek los my kluis oop die dae wat my bediende kom werk. Sit net ‘n paar velle papier in hom. Ons lyk vrek arm !!

t ·

Ek en ‘n paar buurmanne het ‘n storie aan die lewe gebring dat indien daar iemand in die buurt gevang word steel, kom ons bymekaar en eet die oortreder. ‘n Totale belaglike storie, maar ek kry omtrent geen meer mense wat op Saterdae “piece jop” soek nie. Nie een van ons het in jare selfs ‘n betreding gehad nie. Dit wil voorkom asof die liggelowigheid hulle heel goed in toom hou.
“If you can’t beat them, use them.”

Martie ·

En om daai simple rede het ek nie bediende of tuinwerker nie..

Klaas ·

Hoe se die spreekwoord. ” Die makste hond byt die seerste”

simon ·

ek het ook belsuit om nie meer die dienste van n tuinier of bediende te gebruik nie, baie keer sit hulle agter die sort inbrake en selfs moord. doen slef my eie ou huiswerkies of kry volkseie arbeied

Selfdoen ·

Aan Elsie. Ons in Australia.Geen werker of bediende. Werk saam. Dit is baie maklik.
Voorbeelde. Gras sny, skaf n ride on mower aan. Voor jy in die huis gaan,maak gewoonte en trek jou skoenne uit. Almal sal gou leer. Was skottelgoed self, kry n wasser. Doen klere self. Ons doen dit al 13 jaar en geniet die huis lewe en skoonmaak,self tuinmaak en alles. Ons gebede met die Straus familie.

Johann Marx ·

Nee vir die doodstraf. Ja vir die balansering van die die Konsitutisionele reg om te lewe met die “reg om NIE te lewe NIE”. Dan kan elkeen in hierdie land die uitkoms van sy lewe kies aan die hand van sy dade teenoor die gemeenskap. As jy kies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. dwelms te smokkel, 3. ‘n gewapende aksie te beplan en uit te voer, en 4. iemand se lewe te neem, behoort dit vir die konstitusionele hof ‘n aanduiding te wees dat jy die “reg om NIE te lewe NIE” verkies, en moet ons jou op eg demokratiese wyse nog 5 keuses gee, nl. galg, gaskamer, vuurpeleton, elektriese stoel of dodelike inspuiting. Dan word niemand deur niemand “ter dood veroordeel en ter dood gestraf nie”. Jy….maak die keuse duidelik deur te voldoen aan een van die vier bogenoemde kriteria, en ons help jou om jou keuses uit te oefen. Maklik.

Tanyia ·

Die makste hond by die seerste – Ek is so bekommerd oor n persoon wat ek ken omdat sy “betroubare tuinwerker” ek so ver vertrou as wat ek hom sien..praat help nie,.En dit is werklik so dat al die informasie kom van binne die huis..

Johann Marx ·

Ntokozo Mbuyazi en Mpilo Ngema gaan met dubbel vonnisse waarskynlik vir die volgende 20 jaar in die tronk sit. 40 jaar x 365 dae x R114/dag @ 6% inflasie = R3 061 296,90 plus mediese sorg vir die rekening van die belastingbetaler. Die regering het nie geld om pensioenarisse en weeskinders oordentlik te versorg nie, en kerkbasaar en golfdae moet help….maar hulle regverdig dit om R3 miljoen+ te spandeer om mense met GEEN potensiaal nie, wat nie die vermoë het om te onderskei tussen reg en verkeerd nie, en wat nie die uitkoms van hulle dade in ag neem tydens die pleeg daarvan nie. Waarom laat ons dit toe? Hoekom het SAPD net ‘n 6% sukses-koers met die vervolging van moordenaars? Want as hulle ‘n 100% sukseskoers gehad het sou hierdie land se ekonomie dit nie oorleef om al die moordenaars vir 20 jaar op belastingbetalerskoste in die tronk te hou nie.

christine ·

Ek is 43 jaar getroud het twee kinders hulle is geleer los elke vertrek soos jy dit gekry het dit het rof gegaan Saterdae met my maar almal het gehelp tuinwerk het ek someraande gedoen. Terwyl my kos kook. Nog nooit n inbraak gehad nie word onsigbaar hoe gouer hoe beter die werkers is soos aartappels al die goeies is onder die grond

Theresa ·

Innige simpatie met familie en vriende van die oues van dae wat wreed vermoor is.
Die tuinier is as informant uitgewys deur een van die skuldiges – ons wag om te hoor wat sy vonnis is. Dit kan nie daar gelaat word nie? Selfs die polisie waarsku dat meeste inbrake/rooftogte die gevolg is van baie praat. Te veel inligting word in geselsery uitgegee en dit word teen die onskuldige inwoners gebruik. En ja, soms deel hul wel in die buit/geld, of word vir die inligting betaal. En menigmaal juis die een wat 10, 20 ens. jare al TOG so “getrou”daar werk.

elize ·

Dit is nie mense nie, mense het ‘n gewete, die gedrogte het nie

Charles ·

Ek vertrou niemand in my huis of erf nie. Ek sorg self vir tuin en skoonmaak van my huis. My strykwerk stuur ek na iemand toe om te stryk, maar by my huis bly hulle uit.

Koos ·

Tuiniers en bediendes ek se nie almal nie jy kry goeie mense van alle rasse en geslag maar in Suid-Afrika het die statistiek bewys wit word deur swart aangeval en vermoor en in die meeste gevalle is dit die huiswerkers wat die inligting deurgee .

Amanda Wait ·

Dit is verskriklik hartseer. Mens kan nie eens op jou stoep ontspan nie! Mag ons Here ons God hulle geliefdes vertroos. Vreeslike tye wat ons in leef.
Mens begin al dink hoe jy sal reageer in so ‘n situasie, maar ek en my huis ons vertrou op God, nie op wapens nie. Hy is in beheer en Hy laat dinge toe al kan ons nie altyd verstaan nie. Satan is ‘n moordenaar en kom om te steel en verwoes. Gisteraand het hulle weer by ons garage ingebreek. Hulle probeer kort-kort by ons huis inbreek, selfs al is ons in die huis, maar die HERE JESUS ons God ons Verlosser het hulle nog elke keer verhoed om in die huis in te kom.
Ek het vrede in my hart. Hierdie wêreld is nie my tuiste nie. Ek het nie my lewe lief tot die dood toe nie. Ons vergewe, want ons gaan nie in Satan se hande speel en ons harte vol haat laat word nie. Mag die Here dié mense tot bekering lei, want Hy wil dat almal gered word en tot kennis van die waarheid kom.

Yvonne ·

Selfs terwyl ek skoolhoof was het ek nie ‘n huis of tuinhulp gehad nie. My huis is skoon en netjies, my tuin is mooi en my groentetuin lewer heerlike kos. Maar almal moet inspring en help. Ons motto: los die plek soos jy dit gekry het- skoon en netjies. Dit kan gedoen word. Ons SAners kán leer om sonder hulp tuis klaar te kom deur goeie beplanning en ‘n skedule wat roteer. Maklik, EN, bitter min raak weg en jy soek nooit na iets nie!

Alet ·

Kommandeer jou eie honde en blaf self sodoende bly jy lewendig en veilig!!!!!!

Foxi ·

Ek doen al my huiswerk self. Hande word erg skurf. Het n bediende gehad wat regtig n liefdevolle en n hardwerkende siel was. Jy kon haar regtig vertrou. Maar die dag toe haar man op pensioen gaan….toe loop sy weg soos n slegte mens met my huis se sleutels. Dit het baie gekos om al die slotte te vervang.
Nooit weer van haar gehoor of gesien nie. Dit wys jou net……..jy kan niemand vertrou nie!

Wilma Potgieter ·

Huishulp 14jaar vir ons gewerk ook voorheen by my ma. 2014 geld uit huis weggeraak. Nie ingebreek nie. Deure was gesluit. Inligting aan psigopaat gegee. Syt nooit weer opgedaag vi werk. Speurder hopeloos. Niemand vasgetrek. Niemand weer in my huis

Sputnik ·

Wilma, inligting aan “psigopaat” gegee? Klink nie reg nie. ‘n Psigopaat is ‘n erg siek persoon – sal jou niks help nie. Ek dink jy’t iets anders bedoel?

Robbie Scheepers snr ·

Dit is mos vinniger om besitings van Ander se harde werk te steel en dood te maak as om te werk. Die. Straf wat op gele is verseker hulle van n bordkos en 21jaar gratis verbly. Ek en jy betaal die Moordenaar met ons tax bring terug die dood straf. Dan sal dit baie beter gaan in die land van ons.

Susan ·

My vriendin en haar mense is ook n paar jaar terug aangehou in hulle huis (gewapende roof) Geld juwele kar ens is gesteel. Rowers het presies geweet waar kluis was. SAP lid op toneel het toe huis werker se foon gevra (natuurlik geweier) na n lang storie het hy tog foon by haar kon afvat. Nodeloos om te se die hele huis met inhoud alles was afgeneem op foon kamera. Sy wou nog weghardloop het nie ver gekom nie.

Edward ·

Dank onmiddellik alle bediendes en tuiniers af. As julle maar kan weet hoe julle huishulpe stories onder mekaar versprei sal julle ril. Tuiniers kom in en “map” jou tuin en toegang roetes.

tokkie ·

Dankie Bravo n baie goeie wenk,en moet nie vergeet van die rot trap saam nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.