Twee vinnig vas ná Goodwood-moord

Argieffoto

Twee persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 51-jarige vrou van Goodwood in Kaapstad.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se liggaam is Dinsdagaand omstreeks 21:30 in ʼn stoorkamer in haar huis in Cookstraat gevind nadat familielede haar as vermis aangemeld het.

Volgens die persoon, wat haar by die polisie as vermis aangemeld het, is sy Maandagoggend vroeg laas gesien. “Die oorledene se grys Hyundai Elantra en ʼn hardeskyf van haar kringtelevisiekamera het ook van die toneel verdwyn. Die Hyundai is as vermoedelik gesteel aangemeld,” het Van Wyk verduidelik.

Beamptes van die honde-eenheid het Dinsdagaand omstreeks 23:20 die gesteelde motor en ʼn Volkswagen Jetta in Elsiesrivier opgemerk. “Die twee bestuurders, onderskeidelik 30 en 32 jaar oud, is in hegtenis geneem en die gesteelde hardeskyf is ook gevind. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.”

Die twee verdagtes sal binnekort in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hierdie moorde gaan nie gestop word deur die regering nie.

Dafer ·

@ Oom Kalhari – Jy is reg Oom. Die polisiemag is te vet en te vrot en te min. Ek versoek AfriForum om hierdie saak aan te spreek. Die Mag kan tydelik uitgebrei word om hierdie aanval te weerstaan. As enigiemand saam stem, kontak my deur Maroela asseblief, sodat ons kyk of ons ‘n paar ouens se vingers kan uit kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.