Twee vir rookinaseming behandel ná brand by werkplek

Foto: Verskaf

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

Twee mense is Dinsdag vir rookinaseming behandel nadat ʼn brand by ʼn sakeonderneming in Kimberley in die Noord-Kaap uitgebreek het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die onderneming waar die brand uitgebreek het in Bultfonteinweg geleë.

“Die gebou was reeds ontruim toe paramedici by die toneel opgedaag het en  ʼn groot groep mense het buite by ʼn bymekaarkomplek gestaan,” het Meiring gesê.

Na wat verneem word, het lede van die publiek die brand geblus. “Brandbestryders het die gebou geïnspekteer terwyl twee mense behandel is vir geringe rookinaseming.”

Die twee pasiënte is na die Mediclinic Gariep geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.