Twee vliegtuie bots by lughawe

(Foto: Twitter/@TurkishAirlines)

ʼn Vliegtuig van Turkish Airlines was betrokke in ʼn ongeluk met ʼn vliegtuig van Middle East Airlines by die Murtala Muhammed- internasionale lughawe in Lagos, Nigerië.

Luidens ʼn verklaring deur Nigerië se buro vir die ondersoek van ongelukke (AIB) het die ongeluk Woensdag plaasgevind en beskou die buro die gebeurtenis as “ernstig”.

“Middle East se vliegtuig was onderweg op die aanloopbaan toe dit in die Turkse vragvliegtuig, wat geparkeer was, vasgery het. Die tuig het deur die Turkse vliegtuig se stert gesny en ʼn gedeelte van die regterkantste horisontale stabiliseerder beskadig,” lui die AIB se verklaring.

Niemand is in die ongeluk beseer nie en alle passasiers aan boord die Middle East-vlug het onmiddellik die vliegtuig ontruim.

Die ongeluk het plaasgevind net vier dae nadat die Nigeriese regering 14 lughawes die groen lig gegee het om binnelandse vlugte te hervat, na afloop van die landswye verbod op vlugte wat in Maart weens die Covid-19-pandemie ingestel is. ʼn Datum vir die hervat van internasionale vlugte is nog nie bepaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Onthou hulle was in lockdown. Weet nie meer waarheen om te gaan

JohanR ·

Altyd interessant om te sien wie die ou was : General Murtala Muhammed (8 November 1938 – 13 February 1976) was a Nigerian Army general who was 4th Head of State of Nigeria from 1975 until his assassination in 1976. On Friday 13 February 1976, Muhammed set off for work along his usual route on George Street. Shortly after 8 a.m, his Mercedes Benz car traveled slowly in the infamous Lagos traffic near the Federal Secretariat at Ikoyi in Lagos and a group of soldiers (members of an abortive coup led by Dimka) emerged from an adjacent petrol station, ambushed the vehicle and assassinated Muhammed. Shame….die ou was net vir sewe maande op die troon – Julie tot Febuarie. Hulle het darem ‘n lughawe na hom vernoem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.