Minstens vier mense is dood toe twee vliegtuie in die lug teen mekaar gebots het in die omgewing van Grasmere in die suide van Gauteng.
Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) het Dinsdag in ʼn verklaring gesê lede van sy ongeluk- en voorvalondersoekeenheid is na die toneel ontbied. Die ongeluk het Maandagaand plaasgevind.
“Die ondersoekspan is op die toneel en hulle is besig om bewyse te versamel. Dit sal die grootte, omvang en verwagte tydsduur van die ondersoek bepaal,” het Ledwaba gesê.
Die doel van die ondersoek is om die oorsaak van die ongeluk te bepaal en aanbevelings te maak om soortgelyke ongelukke te voorkom, het hy bygevoeg.
ʼn Voorlopige verslag sal na verwagting binne 30 dae gereed wees.
Maroela Media verneem leerlingvlieëniers was besig met nagvlug-opleiding.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
O magtag,Wie was hulle.
Om nagvlugte te kan oefen neem ek aan hulle het seker al heelwat vlieg ure al op hulle “log books” gehad
Bemande of onbemande lughawe?
Hoekom het die lugverkeer beheerder dit nie gesien voor dit gebeur het nie. Hy is die ou wat moet seker maak sulke dinge gebeur nie.