Twee vra borgtog ná veediefstal

Argieffoto

Twee mans wat in hegtenis geneem is in verband met veediefstal in die Biesiesvlei-omgewing in Noordwes sal Vrydag in die plaaslike periodieke hof om borgtog aansoek doen.

Adriaan Human (51) en George Ketshabang (51) is verlede week in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 25 beeste op ʼn plaas ongeveer 20 km vanaf Biesiesvlei. Human spekuleer met vee.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, sê drie veediewe het na bewering Donderdag 16 Mei in die vroeë oggendure beeste gesteel op ʼn plaas sowat 20 km buite Biesiesvlei. Die drie het daarna glo met die beeste na ʼn gemeenskaplike plaas gery.

“Dit was by hierdie plaas wat die werkers onraad vermoed en die polisie in kennis gestel het. Polisiebeamptes het vinnig op die wenk gereageer,” sê Botma. “Daar word beweer dat twee van die drie daarin kon slaag om weg te hardloop, maar Adriaan Human is betrap waar hy besig was om van die beeste in sy trok in te laai. Hy is saam met Ketshabang in hegtenis geneem.”

Daar is op R300 000 se beeste en ʼn vragmotor beslag gelê. Die beeste is aan hul eienaar terugbesorg.

Die twee verdagtes het Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal en besit van vermoedelike gesteelde vee. Die saak is uitgestel en hulle sal môre na verwagting om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Robert ·

Daar is nog van hulle. Lees maar net op sosiale media. Van hulle nogal geleerd om uit die tronk te bly.

Saartjie ·

@Cherokee, maak asseblief vir ons duidelik wie die ‘onskuldige’ party is en wie die ‘verkeerde vriende’ is? Die twee mans is albei 51, nie kinders nie. Daar is skelms en moordenaars en diewe onder elke taal-, ras-, geslags- en godsdiensgroep op aarde.

Thys ·

Ai kan ni glo hy doen dit aan sy medemens ni,jy gaan sit boeta en dit op daai ouderdom !!!! sterkte vir dit wat na jou toe kom

aj ·

As human donker van kleur was …het hy weggekom daarmee.

Suksesvolle veediefstal is slegs vir die BEVOOREGTES!

Karen ·

Dis jammer vir vrou en kinders maar vir die persoon geen simpatie Bly net daar want geen dier of enige wese is veilig in teenwoordigheid Geniet die geselskap vir nog wyle. ….

Stebastiaan ·

Dit is wat gebeur as jy gulsig raak. Werk maar liewers hard en bly maar oopkop en doen dinge op die regte manier. Skelmgeit betaal nie!!!

Lusu ·

Moenie die diewe verdedig nie ..maak nie saak kleur die skuldiges moet selfde behandel word dws…tronk toe…klaargelag.

Jaco ·

Dalk is ek dom maar is diti die sele groep waar die prokereur by betroke wasi

Sarel ·

Nee, n ander groep. Woonagtig in die NW tussen sy slagoffers.

Adri ·

Sou graag wou sien hoe hulle die 25 beeste gery het!! Was almal ingespan en met saals en tooms opgesaal? Klink vir my na groot pret!
Ai tog, Maroela, lees tog asseblief alles wat julle skryf voordat julle dit plaas. Ons verkies suiwer en netjies Afrikaans, nie sulke twak nie.

Spike ·

Geen borgtog nie. Dit is so goed hulle help boere vermoor. Die boere het reeds soveel aanslae.

Sarel ·

Wanneer gaan die SAPD erkenning begin gee aan die veeeienaars en die veiligheid groepe wat in meeste gevalle die misdadiger betrap en dan die SAPD inkennis stel ? Ja ons is dankbaar vir die SAPD se goedgesindheid en daarom is ons saam suksesvol. Die Rural Safety Strategy het juis tot stand gekom aangesien daar besef is dat ons slegs ondersteunend tot mekaar misdaad sal kan aanspreek.

Cherokee ·

Marous, as dit nie was vir ‘n maroeliaanse webmeester wat my kommentare ongelees opsnipper, sou jy ure gelede al my waardering vir jou sin vir humor gelees het.

Abe ·

Adri,
As jy hare wil kloof oor Afrikaanuse taalgebruik, n mens praat van netjiese Afrikaans en nie van “netjies Afrikaans” nie.

Cherokee ·

Ek sien nie Adri se kommentaar nie, maar jy laat dit klink asof ek sou handeklap vir haar. Jy laat dit klink asof jy ‘Afrikaanuse’ taalgebruik verkies, èn.. as ek weens gebrek aan blootstelling moet raai wat Adri gesê het, wonder ek waarom haar kommentaar net soos (vele van) my eie kommentare, aan ‘n slagpale bloot gestel moes word. So, jy het die reg om te appèleer weens ‘n gebrek aan ….. uhm… getuienis.. nee! .. gebrek aan bewyse.. nee! ,, gebrek aan opposisie bewoording.. (dankie tòg, ek het ‘n uitweg gevind!).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.