Twee vroue deur trok doodgery

Die toneel waar die twee vroue gesterf het. Foto: @MedixGauteng/Twitter

Die toneel waar die twee vroue gesterf het. Foto: @MedixGauteng/Twitter


Twee vroue is dood en ‘n agtjarige seun is in ‘n kritieke toestand nadat hulle in aparte voorvalle deur ‘n vragmotor omgery is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die twee vroue is dood nadat hulle Vrydagaand op die N12 naby die Atlas-afrit deur ‘n vragmotor omgery is.

Hy sê die twee vroue het verskeie noodlottige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar. Vermaak sê die vroue het glo die hoofweg probeer oorsteek toe hulle deur ‘n 18-wiel-vragmotor raakgery is.

Die toneel waar die agtjarige seun deur 'n vragmotor omgery is. Foto: ER24

Die toneel waar die agtjarige seun deur ‘n vragmotor omgery is. Foto: ER24

Intussen is ‘n agtjarige seun in ‘n kritieke toestand nadat hy Vrydag op die N7 in Du Noon in Kaapstad deur ‘n vragmotor omgery is.

Vermaak sê ‘n paramedikus van ER24 was op pad na ‘n ander voorval in Killarney Gardens toe sy in haar truspieëltjie gesien het hoe die seun deur die vragmotor raakgery word.

Die paramedikus het onmiddellik na die toneel gehaas en die seun begin behandel terwyl sy hulp ontbied het.

Vermaak sê die seun se toestand het vinnig agteruitgegaan en sy hart het gaan staan. Paramedici kon egter daarin slaag om die seun se pols weer aan die gang te kry na ‘n paar minute se mond-tot-mond-asemhaling.

Die seun is in ‘n kritieke toestand na die Rooikruis-kinderhospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.