Twee vroue dood in boendoegeweld

Argieffoto

Twee tieners is Saterdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op twee vroue wat glo Vrydagaand in ’n voorval van oënskynlik boendoegeweld in ’n nedersetting in die Vhembe-distrik in Limpopo aan die brand gesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die tieners, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ’n reeks gebeure by die Ha-Mashau-nedersetting.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die liggaam van ’n 12-jarge seun vroeër die dag omstreeks 10:00 in ’n rivier by die nedersetting gevind is. Die seun het weke vantevore vermis geraak.

Volgens Mojapelo het Abelo Muila reeds op 10 Junie vermis geraak toe hy na bewering saam met vriende by ’n plaaslike woonkompleks gespeel het.

Nadat Muila se liggaam gevind is, het die gemeenskap glo in die nedersetting bymekaargekom om die gebeure te bespreek waarna hulle na bewering later die aand, omstreeks 22:00, die twee vroue met voorwerpe aangerand, van hulle klere gestroop en toe aan die brand gesteek het, verduidelik Mojapelo.

Die polisie en mediese dienste is na die toneel ontbied waar hulle die vroue aangetref het. Hulle was sleg verbrand en die skare het in daardie stadium reeds uitmekaar gegaan.

Volgens Majopelo is een van die vroue op die toneel dood verklaar en die ander een het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die vroue is as Mudziwa Esther en Hulumeni Sarah Masiagwala (66) geïdentifiseer. Dit is nie in die stadium duidelik hoe oud Esther was nie. Albei was van die Matsindevhe-nedersetting.

Die ondersoek toon verder dat die gemeenskapslede daarvandaan na ’n 79-jarige man se erf gegaan en drie van sy huise aan die brand gesteek het. Die man kon daarin slaag om ongedeerd uit een van die huise te kom, het Mojapelo verduidelik.

Die polisie ondersoek twee aanklagte van moord en een van brandstigting. Daar is ook begin met ’n geregtelike doodsondersoek.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die grusame moorde veroordeel en gesê die polisie sal optree teenoor diegene wat die gereg in eie hande neem.

Die polisie verwag om nog inhegtenisnemings te maak.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om speursers. Mudogwa Mutshutshu by 072 107 6731 te kontak of om die inligting by die misdaadstopnommer by 08600 10111 of die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanna Hoekom ·

En as hierdie twee kriminele tieners binne n 30km radius van enige van ons skole gebly het, sou hulle langs ons kinders op die skoolbanke gesit het. Dis mos nou die nuwe reel vir toelating tot skole, ne? Die hemel behoede ons.

Maljan ·

Hoekom word die tieners gearresteer as die gemeenskapslede die misdade gepleeg het?

smurfie ·

Ek praat dit glad nie goed nie. Maar as die polisie meer aandag gee aan sake en hulle werk ordentlik doen, sal die tiepe dinge nie gebeur nie. Die gemeentskap is moeg dat die polisie niks doen nie, dan neem hulle reg in eie hande

Tokkels ·

Dit kan net die bose wees wat oorneem as hulle so met ander mense maak. Tik, flakka en Njaupe laat tieners snaakse goed sien en doen!

Henk ·

En dan hoor ons weer oor n jaar of twee. Our blacks has been killed and murdered by whites and apartheid. We died on the streets everyday by the whites we must rectified this deaths by killing all whites. Dis mos die verhaal wat al hulle leiers loop en verkondig

Merie Perd ·

Henk, Dis die waarste opmerking wat ek in die afgelope tyd gelees het. Die leiers wat “political statements” van die aard maak hoort saam met die moordenaars in die tronk. Dan stem hulle eie soort nog vir hulle. Jislaaik hoe Stupid kan jy kry?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.