Twee vrou is op ʼn plaas buite Maake naby Tzaneen in Limpopo dood toe ʼn muur ineengestort en op hulle geval het.
“Ons ondersoek die afsterwe van die twee vroue,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die vroue was onderskeidelik 31 en 61 jaar oud. “Hulle het Vrydagaand langs ʼn grensmuur gesit en iemand het met ʼn trekker langs die muur gery. Die muur het begin kraak en bo-op hulle geval.”
Volgens Ngoepe is die twee vroue op slag dood.